Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 52:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Nou, in die vyfde maand, op die tiende dag, wat die negentiende jaar van koning N’vukhadnetzar, koning van Bavel was, het N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, wat in die diens van die koning van Bavel was, in Yerushalayim gekom.

13. Hy het die huis van יהוה, die paleis van die koning en al die huise van Yerushalayim verbrand; elke groot huis het hy met vuur verbrand.

14. Die hele leër van die Kasdeërs wat by die bevelvoerder van die lyfwag was, het al die mure van Yerushalayim reg rondom afgebreek.

15. Toe het N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, van die armstes van die volk, die res wat in die stad agtergebly het, die oorlopers wat na die koning van Bavel oorgeloop het en die res van die vakmanne, in ballingskap weggevoer,

16. maar N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, het sommige van die armstes van die land laat agterbly as wynboere en as landbouers.

17. Die Kasdeërs het die koper pilare wat in die huis van יהוה was, die staanders en die koper see wat in die huis van יהוה was, stukkend gebreek en al die koper daarvan na Bavel weggedra.

18. Hulle het ook die potte, die grawe, die kerssnuiters, die komme, die panne en al die koper gereedskap gevat wat in die diens gebruik is.

19. Die bevelvoerder van die lyfwag het ook die skottels, die vuurpanne, die komme, die potte, die kandelare, die panne en die drankoffer skottels, wat van suiwer goud en van suiwer silwer was, gevat en

20. die twee pilare, die see en die twaalf koper bulle, wat onder die see was en die staanders wat koning Shlomo vir die huis van יהוה gemaak het; die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 52