Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 44:26-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Nogtans, hoor en doen die woord van יהוה, die hele Y’hudah wat in die land van Mitzrayim bly: ‘Let op, Ek het by My groot Naam (Karakter en Outoriteit) gesweer,’ sê יהוה: ‘Nooit sal My Naam (Karakter en Outoriteit) weer aangeroep word deur die mond van enige man van Y’hudah in die hele land van Mitzrayim nie, met die woorde: “So waar as יהוה-God leef!”

27. Let op, Ek hou wag oor hulle ten kwade en nie ten goede nie en al die manne van Y’hudah wat in die land van Mitzrayim is, sal hulle einde vind deur die swaard en die hongersnood totdat hulle volkome vernietig is.

28. Die wat die swaard ontsnap, sal uit Mitzrayim terugkom na die land van Y’hudah, min in getal. Dan sal almal wat oorgebly het van Y’hudah wat na Mitzrayim gegaan het om daar te bly, weet wie se woord staande sal bly, Myne of hulle s’n.

29. Dit sal vir julle die teken wees,’ verklaar יהוה, ‘dat Ek julle in hierdie plek gaan straf sodat julle kan weet dat My woorde sekerlik teen julle sal staan ten kwade.’

30. So sê יהוה: ‘Let op, Ek gaan vir Farao Hofra (N’khoh II), koning van Mitzrayim, in die hand van sy vyande en in die hand van die wat sy lewe soek, oorgee soos wat Ek vir Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, oorgegee het in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel, sy vyand, wat sy lewe gesoek het.’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 44