Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 40:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord wat van יהוה tot Yirmeyahu gekom het, nadat N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Ramah, toe hy hom in kettings geboei tussen al die gevangenes van Yerushalayim en Y’hudah in ballingskap weggevoer het na Bavel.

2. Die bevelvoerder van die lyfwag het vir Yirmeyahu gevat en vir hom gesê: “יהוה, jou God, het hierdie katastrofe oor hierdie plek belowe

3. en יהוה het dit laat kom en gedoen net soos Hy belowe het omdat julle gesondig het teen יהוה en nie geluister het na Sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom,

4. maar nou, let op, ek bevry jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is. As jy verkies om saam met my na Bavel te gaan, kom en ek sal na jou kyk, maar as jy verkies om nie saam met my na Bavel te kom nie, maak nie saak nie. Kyk, die hele land is voor jou; gaan waar dit ook al goed en reg is in jou oë om te gaan.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 40