Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 29:17-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. so sê יהוה-Tzva’ot: ‘Let op, Ek stuur die swaard, hongersnood en pes oor hulle en Ek sal hulle maak soos oopgebarste vye wat te vrot is om te eet.

18. Ek sal hulle agtervolg met die swaard, met hongersnood en met die pes en Ek sal van hulle ’n verskrikking maak vir al die koninkryke van die aarde, om ’n vervloeking, ’n afsku, ’n bespotting en ’n smaad onder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het, te wees

19. omdat hulle nie na My woorde geluister het nie,’ verklaar יהוה, ‘wat Ek keer op keer deur My diensknegte, die profete, na hulle gestuur het, maar hulle het nie geluister nie,’ verklaar יהוה.

20. Julle, daarom, hoor, luister en doen die woord van יהוה, al julle ballinge wat Ek uit Yerushalayim na Bavel weggestuur het!

21. So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, aangaande Ag’av, die seun van Kolayah en aangaande Tzidkiyahu, die seun van Ma’aseiyah, wat vir julle valslik in My Naam (Karakter en Outoriteit) profeteer: ‘Let op, Ek sal hulle in die hand van N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, oorgee en hy sal hulle voor julle oë neerslaan.

22. As gevolg van hulle sal ’n vloek gebruik word deur al die ballinge van Y’hudah wat in Bavel is en sê: “Mag יהוה jou maak soos Tzidkiyahu en soos Ag’av, wat deur die koning van Bavel in die vuur gebraai is

23. omdat hulle dwaas gehandel het in Yisra’el en owerspel met die vroue van hulle naaste gepleeg het en woorde in My Naam (Karakter en Outoriteit) valslik gepraat het, wat Ek hulle nie beveel het nie en Ek is die Een wat weet en ’n Getuie is,” verklaar יהוה.’”

24. Met Sh’ma’yah, die Negelamiet, moet jy praat en sê:

25. “So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Jy het briewe in jou eie naam (karakter en outoriteit) na al die mense wat in Yerushalayim is, getuur en na Tz’fanyah, die seun van Ma’aseiyah, die priester en na al die priesters, wat sê:

26. “יהוה het jou as priester aangestel in die plek van Y’hoyada, die priester, om die toesighouer in die huis van יהוה te wees oor elke kranksinnige wat profeteer, om hom in die blok en in die nekyster te sit;

27. nou dan, waarom het jy nie vir Yirmeyahu, van `Anatot, tereggewys wat by julle profeteer nie,

28. want hy het vir ons in Bavel laat weet en gesê: ‘Dit sal lank duur; bou huise en woon daarin en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan?”’”’

29. Tz’fanyah, die priester, het hierdie brief vir Yirmeyahu, die profeet, gelees.

30. Toe kom die woord van יהוה tot Yirmeyahu en sê:

31. “Stuur aan al die ballinge en sê: ‘So sê יהוה aangaande Sh’ma’yah, die Negelamiet: “Omdat Sh’ma’yah vir julle geprofeteer het alhoewel Ek hom nie gestuur het nie en julle in ’n leuen laat vertrou het,

32. daarom,” so sê יהוה: “let op, Ek is op die punt om Sh’ma’yah, die Negelamiet en sy nageslag te straf; hy sal niemand hê wat leef tussen hierdie volk nie en hy sal nie die goeie sien wat Ek op die punt is om aan My volk te doen nie,” verklaar יהוה, “want hy het rebellie teen יהוה verkondig.”’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 29