Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 23:3-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. “Dan sal Ek self die wat oorbly van My skape versamel vanuit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het en hulle terugbring na hulle weiveld en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.

4. Ek sal ook herders oor hulle opwek wat hulle sal versorg en hulle sal nie meer bang of beangs wees en geen een sal vermis word nie,” verklaar יהוה.Yog 7:42

5. “Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek vir Dawid ’n Onpartydige en Opregte Spruit sal opwek en Hy sal as Koning regeer en wys optree en regverdig oordeel en onpartydige opregtheid doen in die land.

6. In Sy dae sal Y’hudah gered word en Yisra’el veilig woon en dít is Sy Naam (Karakter en Outoriteit) waarmee Hy genoem sal word: ‘יהוה-Tzidkenu’ [יהוה, ons Onpartydige Opregtheid.]

7. Let daarom op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer hulle nie langer sal sê: ‘So waar as יהוה leef wat die seuns van Yisra’el uit Mitzrayim uitgebring het,’ nie,

8. maar: ‘So waar as יהוה leef wat die nageslag van die huis van Yisra’el van die land in die noorde gebring en terug gelei het en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het.’ Dan sal hulle op hul eie grond leef.”

9. Wat die profete betref: my binneste is gebreek, al my bene bewe binne my; ek het soos ’n dronk man geword, soos ’n man deur wyn oorweldig, vanweë יהוה en Sy afgesonderde woorde,

10. want die land is vol owerspelers, want die land treur weens die vloek. Die weivelde van die wildernis het opgedroog en hulle het swak voortgebring en hulle was nie voorspoedig nie,

11. want beide profeet en priester is besoedel. “Selfs in My huis het Ek hulle boosheid gevind,” verklaar יהוה.

12. “Hulle pad sal daarom vir hulle soos glibberige plekke wees in die duisternis; hulle sal weggedryf word en daarin neerval, want Ek sal katastrofes oor hulle bring, die jaar van hulle straf,” verklaar יהוה.

13. “Meer nog, Ek het onder die profete van Shomron ’n afstootlike ding gesien: hulle profeteer deur Ba’al en lei My volk Yisra’el op ’n dwaalspoor.

14. Ek het ook onder die profete van Yerushalayim ’n verskriklike ding gesien: die pleeg van owerspel en loop in valsheid en hulle versterk die hande van boosdoeners sodat niemand terugdraai van sy boosheid af nie. Hulle het almal vir My geword soos S’dom en haar inwoners soos `Amora;”Yir 9:14

15. daarom, so sê יהוה-Tzva’ot aangaande die profete: “Let op, Ek gaan vir hulle wildeals voer en hulle giftige water laat drink, want van die profete van Yerushalayim af het besoedeling uitgegaan in die hele land in.”

16. So sê יהוה-Tzva’ot: “Moenie luister na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie. Hulle lei julle in nutteloosheid in; hulle praat visioene vanuit hulle eie verbeelding, nie uit die mond van יהוה nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 23