Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 16:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want so sê יהוה van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word en van hulle moeders wat geboorte aan hulle gee en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:

4. “Hulle sal aan dodelike siektes sterf, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie; hulle sal wees soos mis op die oppervlakte van die grond en tot ’n einde kom deur swaard en hongersnood en hulle lyke sal kos word vir die voëls van die hemel en vir die wilde diere van die aarde,”

5. want so sê יהוה: “Moenie ’n huis van rou ingaan of gaan om te rouklaag of hulle te troos nie, want Ek het My vrede, liefdevolle goedheid en omgee van hierdie volk af onttrek,” verklaar יהוה.

6. Beide groot sowel as klein sal sterf in hierdie land; hulle sal nie begrawe word nie en niemand sal hulle beklaag en homself stukkend kerwe of sy kop kaal skeer om hulle ontwil nie.

7. Mense sal nie brood breek in rou vir hulle om iemand te troos oor ’n dooie, of aan hulle ’n beker van troos gee om te drink oor iemand se vader of moeder nie.

8. Verder mag jy ook nie in ’n huis van feesviering ingaan om saam met hulle te sit en te eet en te drink nie,

9. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Let op, Ek gaan, voor julle oë en in julle dae, die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid uitroei uit hierdie plek uit.

10. Wanneer jy al hierdie woorde aan hierdie volk vertel, sal hulle jou vra: ‘Waarom het יהוה al hierdie groot rampe teen ons verklaar? Wat is ons oortredinge of ons sonde wat ons teen יהוה, ons God, begaan het?’

11. Dan moet jy vir hulle sê: ‘Omdat julle vaders My verlaat het,’ verklaar יהוה, ‘en ander gode gevolg en hulle gedien en neergebuig het voor hulle, maar My het hulle verlaat en nie My wet gehou nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 16