Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 3:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Dit sal wees, wanneer die voetsole van die priesters wat die ark van יהוה, die Meester van die hele aarde, dra, in die water van die Yarden rus, die water van die Yarden afgesny sal word; die water wat van die bokant afkom sal op een hoop bly staan.”

14. Toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Yarden te gaan, met die priesters wat die ark van die verbond dra, voor die volk

15. en die draers van die ark by die Yarden kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, want die Yarden oorvloei beide sy walle, al die dae van die oes, het dit gebeur dat

16. die water wat van die bokant afvloei bly staan het en opgerys het in een hoop, baie ver weg by Adam, wat langs Tzartan lê en die wat afvloei na die See van die Vlakte (`Aravah), die Soutsee, is heeltemal afgesny. Die volk het oorkant Yerigo oorgetrek.

17. Die priesters wat die ark van die verbond van יהוה gedra het, het stewig op droë grond in die middel van die Yarden bly staan terwyl die hele Yisra’el op droë grond deurgetrek het totdat die hele volk klaar deur die Yarden getrek het.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 3