Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 3:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Y’hoshua die oggend vroeg opgestaan en hy en al die seuns van Yisra’el het van Shitteem af weggetrek en by die Yarden gekom en daar oorgebly voordat hulle deurgetrek het.

2. Aan die einde van drie dae het die offisiere deur die kamp gegaan

3. en die volk beveel en gesê: “Wanneer julle die verbondsark van יהוה, julle God, sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul plek af opbreek en agter hom aangaan.

4. Daar moet egter ’n afstand van omtrent twee duisend el tussen julle en hom wees. Moenie naby dit kom nie sodat julle die pad kan ken waarlangs julle moet trek, want julle het nie vroeër met dié pad getrek nie.”

5. Toe het Y’hoshua vir die volk gesê: “Sonder julleself af, want môre sal יהוה wonders onder julle doen.”

6. Y’hoshua het met die priesters gepraat en gesê: “Tel die verbondsark op en gaan oor, voor die volk uit.” Hulle het die verbondsark opgetel en voor die volk uit getrek.

7. Nou, יהוה het vir Y’hoshua gesê: “Vandag sal Ek begin om jou op te lig voor die oë van die hele Yisra’el sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees net soos Ek met Moshe was.

8. Jy moet ook die priesters wat die verbondsark dra beveel en sê: ‘Wanneer julle aan die kant van die water van die Yarden kom, moet julle in die Yarden bly staan.’”

9. Toe sê Y’hoshua aan die seuns van Yisra’el: “Kom hier en hoor, luister en doen die woorde van יהוה, julle God.”Open 1:18 tussen julle is en dat Hy sekerlik die Kena’aniete, die Hittiete, die Hiviete, die P’riziete, die Girgashiete, die Emoriete en die Y’vusiete voor julle uit sal verdrywe:

10. Y’hoshua het gesê: “Hieraan sal julle weet dat daar ’n lewende God

11. let op, die ark van die verbond van die Meester van die hele aarde trek voor julle uit die Yarden in.

12. Vat nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Yisra’el, een man uit elke stam.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 3