Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 21:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. die lot het op die families van die K’hatiete geval en die seuns van Aharon, die priester, wat van die Leviete is, het dertien stede deur die lot ontvang vanuit die stam van Y’hudah, uit die stam van Shim’on en uit die stam van Binyamin.

5. Die res van die seuns van K’hat het tien stede deur die lot ontvang vanuit die families van die stam van Efrayim, uit die stam van Dan en uit die halwe stam van M’nasheh.

6. Die seuns van Gershon het dertien stede deur die lot ontvang vanuit die families van die stam van Yissakhar, uit die stam van Asher, uit die stam van Naftali en uit die halwe stam van M’nasheh, in Bashan.

7. Die seuns van M’rari, volgens hulle families het twaalf stede ontvang vanuit die stam van Re’uven, uit die stam van Gad en uit die stam van Z’vulun.

8. Nou, die seuns van Yisra’el het aan die Leviete hierdie stede met hulle weivelde deur die lot gegee, soos יהוה deur Moshe beveel het.

9. Hulle het hierdie stede by name gegee vanuit die stam van die seuns van Y’hudah en uit die stam van die seuns van Shim’on;

10. hulle was vir die seuns van Aharon, een van die families van die K’hatiete, uit die seuns van Levi, want die eerste lot was vir hulle.

11. So het hulle vir hul gegee: Kiryat-Arba, (Arba was die vader van `Anak, dit is Hevron), op die Bergland van Y’hudah, met sy omringende weivelde,

12. maar die landerye van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kalev, die seun van Y’funneh, as sy besitting gegee.

13. Aan die seuns van Aharon, die priester, het hulle gegee: Hevron, die vrystad vir hom wat manslag begaan het, met sy weivelde, Livnah met sy weivelde,

14. Yattir met sy weivelde, Esht’moa met sy weivelde,

15. Holon met sy weivelde, D’vir met sy weivelde,

16. `Ayin met sy weiveld, Yuttah met sy weiveld en Beit-Shemesh met sy weiveld: nege stede vanuit hierdie twee stamme.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 21