Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 11:15-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Net soos יהוה Moshe, Sy dienskneg, beveel het, so het Moshe Y’hoshua beveel en so het Y’hoshua gedoen; hy het niks nagelaat van alles wat יהוה vir Moshe beveel het nie.

16. So het Y’hoshua dan daardie hele land ingeneem: die Bergland, die hele Suidland, die hele land Goshen, die Laagland, die Vlakte en die Bergland van Yisra’el met sy laaglande;

17. vanaf die berg Halak, wat oploop in die rigting van Se’ir, so ver as tot by Ba’al-Gad in die L’vanonvallei aan die voet van die berg Hermon. Hy het al hulle konings gevang, hulle neergeslaan en hulle doodgemaak.

18. Y’hoshua het vir ’n baie lang tyd met al hierdie konings oorlog gemaak.

19. Daar was nie ’n stad wat met die seuns van Yisra’el vrede gesluit het nie, behalwe die Giviete, wat in Giv’on gebly het; hulle het hul almal deur gevegte oorgeneem,

20. want dit was van יהוה om hulle harte onveranderlik te maak om Yisra’el in geveg te ontmoet sodat hy hulle volkome kan vernietig dat hulle geen guns sou ontvang nie, maar dat hy hulle sou vernietig, net soos יהוה vir Moshe beveel het.

21. Toe het Y’hoshua in dié tyd gekom en die `Anakiete uitgewis uit die Bergland; uit Hevron, D’vir, `Anav en uit al die bergdele van Y’hudah en al die bergdele van Yisra’el. Y’hoshua het hulle volkome uitgewis saam met hulle stede.

22. Daar was geen `Anakiete oor in die land van die seuns van Yisra’el nie; slegs in `Azah, in Gat en in Ashdod het sommige oorgebly.

23. So het Y’hoshua die hele land oorgeneem volgens alles wat יהוה met Moshe gepraat het en Y’hoshua het dit as ’n erfenis aan Yisra’el gegee volgens die indelings van hulle stamme. So het die land gerus van oorlog.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 11