Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 36:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die veertiende jaar van koning Hizkiyahu het Sangeriv, koning van Ashur, opgetrek teen al die versterkte stede van Y’hudah en hulle verower.

2. Die koning van Ashur het vir Rav-Shakeh vanaf Lakhish na Yerushalayim gestuur, na koning Hizkiyahu, met ’n groot leër en hy het gaan staan by die watervoor van die boonste poel, op die hoofpad van die wasser se veld.

3. Toe het Elyakim, die seun van Hilkiyahu, wat oor die huishouding was, Shevnah, die skrywer en Yo’ag, die seun van Asaf, die griffier, na hom toe uitgekom.

4. Toe sê Rav-Shakeh vir hulle: “Sê nou vir Hizkiyahu: ‘So sê die groot koning, die koning van Ashur: “Wat is hierdie selfvertroue wat jy het?

5. Ek sê: ‘Jou raad en krag vir die oorlog is net leë woorde.’ Op wie vertrou jy dat jy teen my rebelleer het?

6. Let op, jy vertrou op die staf van die geknakte riet, op Mitzrayim, wat, as iemand daarop leun, in sy hand sal ingaan en dit deurboor; so is Farao, koning van Mitzrayim, vir almal wat op hom vertrou.

7. As jy egter vir my sê: ‘Ons vertrou op יהוה, ons God,’ is dit nie Hy Wie se hoë plekke en Wie se altare Hizkiyahu verwyder het en vir Y’hudah en Yerushalayim gesê het: ‘Voor hierdie altaar moet julle aanbid,’ nie?

8. Nou daarom, kom wed tog met my meester, die koning van Ashur en ek sal vir jou twee duisend perde gee as jy van jou kant af ruiters daarop kan sit.

9. Hoe kan jy dan die aanval van ’n enkele amptenaar van my meester se geringste dienaars weerstaan en op Mitzrayim vertrou vir strydwaens en perderuiters?

10. Het ek nou sonder יהוה se goedkeuring teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? יהוה het vir my gesê: ‘Trek op teen hierdie land en verwoes dit.’””

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 36