Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 46:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Die prins moet vanaf die stoep van die poort van buite af ingaan en by die deurpos van die poort gaan staan. Dan moet die priesters sy brandoffer en sy dankoffers hanteer en hy moet by die drumpel van die poort aanbid en dan uitgaan, maar die poort moenie gesluit word, tot die aand toe nie.

3. Die mense van die land moet ook voor die ingang van dié poort, voor die Teenwoordigheid van יהוה aanbid, op die Shabbatte en op die Nuwemane.

4. Die brandoffer wat die prins aan יהוה moet offer op die Shabbatdag, is ses lammers sonder gebrek en ’n ram sonder gebrek

5. en die graanoffer moet ’n efa vir die ram wees en vir die lammers moet die graanoffer wees soveel as wat hy kan gee en ’n hin olie vir ’n efa.

6. Op die dag van die Nuwemaan: ’n jong bul sonder gebrek, ses lammers en ’n ram, wat sonder gebrek is

7. en hy moet ’n graanoffer voorsien: ’n efa vir die bul en ’n efa vir die ram, maar vir die lammers volgens wat hy kan bekostig en ’n hin olie vir ’n efa.

8. Wanneer die prins ingaan, moet hy deur die stoep van die poort ingaan en met dieselfde pad weer uitgaan.

9. Wanneer die mense van die land egter voor die Teenwoordigheid van יהוה kom op die aangestelde feeste, moet hy wat deur die Noordpoort ingaan om te aanbid, deur die Suidpoort uitgaan en hy wat deur die Suidpoort ingaan, moet deur die Noordpoort uitgaan. Niemand mag teruggaan deur die poort waardeur hy ingegaan het nie, maar moet reguit vorentoe uitgaan.

10. Wanneer hulle ingaan, moet die prins tussen hulle ingaan en wanneer hulle uitgaan, moet hy uitgaan.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 46