Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 46:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Wanneer die prins ’n vrywillige offer voorsien, ’n brandoffer of vredesoffers as vrywillige offer aan יהוה, dan moet hulle vir hom die poort oopmaak wat na die ooste kyk en hy moet sy brandoffer en sy vredesoffers voorsien soos wat hy op die Shabbatdag doen. Dan moet hy uitgaan en die poort moet gesluit word nadat hy uitgegaan het.

13. Jy moet ook daagliks ’n lam in sy eerste jaar sonder gebrek voorsien as brandoffer aan יהוה; oggend na oggend moet jy dit voorsien.

14. Jy moet ook oggend na oggend ’n graanoffer saam met dit voorsien: ’n sesde van ’n efa en ’n derde van ’n hin olie om die fyn meel klam te maak, ’n voortdurende graanoffer aan יהוה, deur ’n ewige instelling.

15. So moet hulle die lam, die graanoffer en die olie oggend na oggend voorsien as ’n voortdurende brandoffer.”

16. So sê יהוה-God: “As die prins aan een van sy seuns ’n geskenk gee uit sy erfenis, dan behoort dit aan sy seuns: dit is hulle besitting deur erfenis,

17. maar as hy van sy erfenis ’n geskenk aan een van sy diensknegte gee, dan sal dit syne wees tot by die jaar van vryheid; dan moet dit na die prins toe teruggaan. Sy erfenis sal net sy seuns s’n wees; dit sal aan hulle behoort.

18. Die prins mag nie van die erfenis van die volk vat en hulle uitgooi uit hul besitting nie; hy moet aan sy seuns erfenis gee vanuit sy eie besitting sodat My volk nie verstrooi word, enige een uit sy besitting nie.”’”

19. Toe het hy my deur die ingang wat langs die poort was gebring, in die afgesonderde kamers vir die priesters, wat na die noorde kyk en let op, daar was ’n plek aan die verste agterkant, na die weste toe.

20. Hy het vir my gesê: “Dit is die plek waar die priesters die oortredingsoffer en die sondoffer moet kook en waar hulle die graanoffer moet bak sodat hulle dit nie uitbring in die buitenste hof om afgesonderdheid aan die volk oor te dra nie.”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 46