Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 43:3-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Dit was soos die verskyning van die visioen wat ek gesien het, die visioen wat ek gesien het toe Hy gekom het om die stad te vernietig en soos die visioen wat ek gesien het by die K’varrivier en ek het op my gesig neergeval.Yeg 44:2

4. Die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het in die huis ingekom deur die poort wat na die ooste kyk

5. en die Gees het my opgelig, my in die binneste hof gebring en let op, die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die huis vol gemaak.

6. Toe het ek Een gehoor wat met my praat vanaf die huis terwyl ’n man langs my gestaan het.Yes 60:13; Yeg 37:28; Dan 9:24

7. Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, hierdie is die plek van My troon en die plek van My voetsole waar Ek tussen die seuns van Yisra’el vir ewig sal bly; die huis van Yisra’el sal nie weer My Afgesonderde Naam onteer nie; nie hulle of hulle konings, deur hulle hoerery of deur die lyke van hulle konings of met hulle afgode nie,

8. want hulle het hul drumpel langs My drumpel gemaak en hul deurpos langs My deurpos, met net die muur tussen My en hulle en hulle het selfs My afgesonderde Naam onteer deur hulle verwerplikhede wat hulle gedoen het; daarom het Ek hulle in My toorn verteer.

9. Nou laat hulle hul hoerery en die lyke van hul konings ver van My af wegsit en Ek sal vir ewig tussen hulle bly.

10. Wat jou betref, seun van ’n mens, beskryf die tempel aan die huis van Yisra’el sodat hulle skaam kan wees vir hulle onregverdighede en laat hulle die bloudrukplan opmeet.

11. As hulle skaam is oor alles wat hulle gedoen het, maak aan hulle die ontwerp van die huis bekend: sy struktuur, sy uitgange, sy ingange, sy hele ontwerp, al sy voorskrifte en al sy wette. Skryf dit voor hulle oë sodat hulle sy hele ontwerp kan waarneem met al sy instellings en dit kan doen.

12. Dit is die wet van die huis: sy hele gebied op die top van die berg sal mees afgesonderd wees. Let op, dit is die wet van die huis.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 43