Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 4:4-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Wat jou betref, gaan lê op jou linker sy en sit die oortredinge van die huis van Yisra’el daarop; volgens die getal dae dat jy daarop lê, sal jy hulle oortredinge dra,

5. want Ék het op jou die aantal dae gelê ooreenkomstig die jare van hulle oortredinge, drie honderd en negentig dae; so sal jy die oortredinge van die huis van Yisra’el dra.

6. Wanneer jy met hierdie klaar is, moet jy vir ’n tweede keer gaan lê, op jou regter sy en die oortredinge van die huis van Y’hudah dra; Ek het dit vir jou aangewys vir veertig dae; ’n dag vir elke jaar.

7. Dan moet jy jou gesig draai na die beleëring van Yerushalayim met jou arm kaal en jy moet daarteen profeteer.

8. Nou let op, Ek sal toue om jou sit sodat jy nie van die een kant na die ander kan draai nie totdat jy die dae van jou beleëring voltooi het.

9. Wat jou betref, vat koring, gars, boontjies, lensies, boermanna (katstertgras) en spelt en gooi dit in een houer en maak daarvan brood vir jouself; volgens die getal dae dat jy op jou sy lê, drie honderd en negentig dae, moet jy daarvan eet.

10. Jou kos wat jy elke dag moet eet, sal twintig sikkels in gewig wees; van tyd tot tyd moet jy dit eet.

11. Die water wat jy drink moet die sesde deel van ’n hin wees by mate; van tyd tot tyd moet jy dit drink.

12. Jy moet dit as garskoeke eet, gebak voor hulle oë op mens-uitskeiding.”Hos 9:3

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 4