Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 4:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou jy, seun van ’n mens, vat vir jou ’n baksteen, sit dit voor jou neer en teken die stad, Yerushalayim, daarop.

2. Beleër dit dan; bou ’n beleëringsmuur daarteen, gooi ’n wal daarteen, slaan kamp op en plaas stormramme daarteen, reg rondom.

3. Kry dan vir jou ’n yster plaat en sit dit op as ’n yster muur tussen jou en die stad en draai jou gesig daarheen dat dit beleër is en beleër dit. Hierdie is ’n teken vir die huis van Yisra’el.

4. Wat jou betref, gaan lê op jou linker sy en sit die oortredinge van die huis van Yisra’el daarop; volgens die getal dae dat jy daarop lê, sal jy hulle oortredinge dra,

5. want Ék het op jou die aantal dae gelê ooreenkomstig die jare van hulle oortredinge, drie honderd en negentig dae; so sal jy die oortredinge van die huis van Yisra’el dra.

6. Wanneer jy met hierdie klaar is, moet jy vir ’n tweede keer gaan lê, op jou regter sy en die oortredinge van die huis van Y’hudah dra; Ek het dit vir jou aangewys vir veertig dae; ’n dag vir elke jaar.

7. Dan moet jy jou gesig draai na die beleëring van Yerushalayim met jou arm kaal en jy moet daarteen profeteer.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 4