Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 37:13-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. dan sal julle weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek julle grafte oopgemaak het en julle uit jul grafte laat opkom het, My volk!

14. Ek sal My Gees in julle plaas en julle sal lewe en Ek sal julle in jul eie land sit; dan sal julle weet dat Ek, יהוה, gepraat en dit gedoen het,” verklaar יהוה. ’”

15. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:

16. “Jy, seun van ’n mens, vat vir jouself een stok en skryf daarop: ‘Vir Y’hudah en vir die seuns van Yisra’el, sy bondgenote;’ vat dan ’n ander stok en skryf daarop: ‘Vir Yosef, die stok van Efrayim en die hele huis van Yisra’el, sy bondgenote.’

17. Sit hulle vir jouself bymekaar, die een by die ander, in een stok sodat hulle een kan word in jou hand.

18. Wanneer die seuns van jou volk met jou praat en sê: ‘Wil jy nie vir ons verklaar wat jy met hierdie dinge bedoel nie?’

19. Sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek sal die stok van Yosef vat, wat in die hand van Efrayim is en die stamme van Yisra’el, sy bondgenote en Ek sal hulle by hom sit, by die stok van Y’hudah en hulle een stok maak en hulle sal een word in My hand.’”

20. Die stokke waarop jy skryf moet in jou hand, voor hulle oë, wees.

21. Sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek sal die seuns van Yisra’el uithaal van tussen die nasies waarheen hulle gegaan het en Ek sal hulle van alle kante af bymekaarmaak en hulle in hul eie land bringHos 2:2

22. en Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Yisra’el en een Koning sal vir hulle almal Koning wees en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en nie verder in twee koninkryke verdeeld wees nie.Yir 31:33

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 37