Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 33:4-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. dan sal hy wat die geluid van die ramshoring hoor, maar hom nie laat waarsku nie en ’n swaard kom en hom wegvat, se bloed op sy eie kop wees.

5. Hy het die geluid van die ramshoring gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie; sy bloed sal op homself wees, maar as hy hom laat waarsku het, sou hy sy lewe gered het.

6. As die wag egter die swaard sien kom en nie die ramshoring blaas nie, die mense nie gewaarsku word nie en ’n swaard kom en vat ’n persoon vanuit hulle weg, word hy gevat deur sy oortredinge, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag opeis.’

7. Wat jou betref, seun van ’n mens, Ek het jou as wag oor die huis van Yisra’el aangestel; jy sal ’n boodskap uit My mond hoor en hulle namens My waarsku.

8. Wanneer Ek aan die bose sê: ‘O bose man, jy sal sekerlik sterf,’ en jy praat nie om die bose oor sy pad te waarsku nie, dan sal daardie bose man deur sy oortredinge sterf, maar sy bloed sal Ek van jou hand opeis.

9. As jy egter van jou kant die bose man waarsku om van sy pad af weg te draai en hy draai nie weg van sy pad nie, dan sal hy deur sy oortredinge sterf, maar jy het jou lewe gered.

10. Nou, wat jou betref, seun van ’n mens, sê vir die huis van Yisra’el: ‘So het julle gepraat en gesê: “Ons oortredinge en ons sondes is op ons en ons verrot in hulle; hoe kan ons oorlewe?”’

11. Sê vir hulle: ‘So waar as Ek leef,’ verklaar יהוה-God, ‘Ek het geen behae in die dood van die bose nie, maar eerder dat die bose wegdraai van sy lewenswyse en leef. Draai terug, draai terug van julle bose lewenswyses! Waarom wil julle dan sterf, o huis van Yisra’el?’

12. Jy, seun van ’n mens, sê aan jou mede-burgers: ‘Die onpartydige opregtheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie en wat die boosheid van die bose betref, hy sal nie daardeur struikel op die dag wanneer hy hom van sy boosheid af wegdraai nie; soos die regverdige nie sal kan leef deur sy onpartydige opregtheid op die dag as hy sondig nie.’

13. As Ek vir die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe en hy vertrou op sy onpartydige opregtheid en doen onreg, sal geen van sy dade van onpartydige opregtheid onthou word nie, maar deur daardie selfde onreg wat hy gepleeg het, sal hy sterf.

14. As Ek egter aan die bose sê: ‘Jy sal sekerlik sterf,’ en hy draai weg van sy sonde en handel regverdig, onpartydig opreg,

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 33