Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 10:8-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Dit het gelyk of die gérubs die vorm van ’n mens se hand onder hulle vlerke het.

9. Toe het ek gekyk en let op, vier wiele langs die gérubs; een wiel langs elke gérub en die voorkoms van die wiele was soos die kleur van topaas (beril).

10. Wat hulle voorkoms betref, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof een wiel binne-in ’n ander wiel was.

11. Wanneer hulle beweeg, het hulle in enige van hulle vier rigtings beweeg sonder om te draai as hulle beweeg, maar hulle het gevolg in die rigting waarheen hulle kyk, sonder om te draai as hulle beweeg.

12. Hulle hele liggaam, hulle rûe, hulle hande, hulle vlerke en die wiele was vol oë reg rondom, die wiele het aan al vier van hulle behoort.

13. Die wiele is voor my ore “draaiende wiele” genoem.

14. Elkeen het vier gesigte gehad: die eerste gesig was die gesig van ’n gérub, die tweede gesig die gesig van ’n mens, die derde die gesig van ’n leeu en die vierde die gesig van ’n arend.

15. Toe het die gérubs opgestyg. Hulle is die lewende wesens wat ek by die K’varrivier gesien het.

16. Wanneer die gérubs beweeg, sal die wiele langs hulle beweeg en wanneer die gérubs hulle vlerke oplig om van die grond af op te styg, het die wiele nie weggedraai van langs hulle nie.

17. Wanneer die gérubs stilstaan, staan die wiele stil en wanneer hulle opstyg, sal die wiele saam met hulle opstyg, want die gees van die lewende wesens was in hulle.

18. Toe het die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה vanaf die drumpel van die tempel vertrek en oor die gérubs gaan staan.

19. Toe die gérubs weggegaan het, het hulle hul vlerke opgelig en voor my oë van die grond af opgestyg met die wiele langs hulle en hulle het gaan stilstaan by die ingang van die oostelike poort van die huis van יהוה en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die God van Yisra’el het oor hulle gehang.

20. Dit is die lewende wesens wat ek onder die God van Yisra’el gesien het by die K’varrivier; ek het dus geweet dat hulle gérubs was.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 10