Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 10:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het ek gekyk en let op, in die ruimte wat bo-oor die koppe van die gérubs was, het iets soos ’n saffiersteen in ’n vorm wat lyk soos ’n troon, bo hulle verskyn.

2. Hy het met die man wat in linne aangetrek was gepraat en gesê: “Gaan in tussen die draaiende wiele onder die gérub in en maak jou hande vol met kole van vuur vanaf tussen die gérubs en strooi dit oor die stad.” Hy het voor my oë ingegaan.

3. Die gérubs het aan die regterkant van die tempel gestaan toe die man ingegaan het en die wolk het die binnehof gevul.

4. Toe het die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה vanaf die gérub af opgestyg na die drumpel van die tempel en die tempel is gevul met die wolk en die hof was vol van die helderheid van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה.

5. Verder is die geluid van die gérubs se vlerke gehoor tot in die buitenste hof, soos die stem van God, die Almagtige, as Hy praat.

6. Dit het gebeur toe Hy die man wat in linne aangetrek is beveel en gesê het: “Vat vuur van tussen die draaiende wiele, van tussen die gérubs uit,” hy ingegaan en langs ’n wiel gaan staan het.

7. Toe steek ’n gérub sy hand uit van tussen die gérubs, af na die vuur wat tussen die gérubs was, vat daarvan en gee dit in die hande van die man wat in linne aangetrek is; wat dit gevat en uitgegaan het.

8. Dit het gelyk of die gérubs die vorm van ’n mens se hand onder hulle vlerke het.

9. Toe het ek gekyk en let op, vier wiele langs die gérubs; een wiel langs elke gérub en die voorkoms van die wiele was soos die kleur van topaas (beril).

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 10