Ou Testament

Nuwe Testament

Tz'fanyah 3:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. “Ek het nasies afgesny; hulle hoektorings is verwoes. Ek het hulle strate verlate gemaak, met niemand wat verbygaan nie; hulle stede is verwoes, sonder ’n mens, sonder ’n inwoner.

7. Ek het gesê: ‘Jy sal My sekerlik respekvol vrees, van My dissipline aanvaar.’ Haar blyplek sal nie afgesny word nie, volgens alles wat Ek aangaande haar aangestel het nie, maar hulle was ywerig om al hulle dade korrup te maak;

8. daarom, wag vir My,” verklaar יהוה, “vir die dag wat Ek opstaan as ’n getuie. Inderdaad, My besluit is om nasies te versamel, koninkryke te vergader om My verontwaardiging op hulle uit te gooi, al My brandende woede, want die hele aarde sal deur die vuur van My ywer verteer word,

9. want dan sal Ek aan die volke gereinigde lippe gee sodat almal van hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה mag aanroep om Hom skouer teen skouer te dien.

10. Vanaf oorkant die riviere van Kush sal My aanbidders, My verstrooides, hulle offers bring.

11. Op dié dag sal jy geen skaamte voel weens al jou dade waarmee jy teen My rebelleer het nie, want dan sal Ek jou trotses en die wat hulleself oplig, uit jou midde verwyder en jy sal nooit weer trots wees op My afgesonderde berg nie,

12. maar Ek sal ’n nederige en eenvoudige volk tussen jou los en hulle sal in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה vertrou.Ps 23; Open 14:5

13. Die wat oorbly van Yisra’el sal niks verkeerd doen en geen leuens vertel nie, daar sal ook nie ’n misleidende tong in hulle mond gevind word nie, want hulle sal wei en neerlê, met niemand om hulle te laat bewe nie.”

14. Roep uit van vreugde, o dogter van Tziyon! Roep uit in triomf, o Yisra’el! Verheug jou en jubel met jou hele verstand, wil en emosie, o dogter van Yerushalayim!

Lees volledige hoofstuk Tz'fanyah 3