Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 7:18-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Wanneer ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas reg rondom die kamp en sê: “Vir יהוה en vir Gid’on!”

19. Gid’on en die honderd man wat by hom was, het by die buitelyn van die kamp gekom, aan die begin van die middelste nagwaak, toe hulle net die wagte uitgesit het. Hulle het die ramshorings geblaas en die kruike stukkend geslaan wat in hul hande was.

20. Toe die drie afdelings op die ramshorings blaas en die kruike breek, hou hulle die fakkels in hul linkerhand en die ramshorings in hulle regterhand om te blaas terwyl hulle uitroep: “’n Swaard vir יהוה en vir Gid’on!”

21. Elkeen het op sy plek bly staan rondom die kamp terwyl die hele leër al skreeuend hardloop in hulle vlug.

22. Toe hulle drie honderd ramshorings blaas, het יהוה die swaard van die een teen die ander gerig, deur die hele leër en die leër het gevlug sover as Beit-Sheetah, in die rigting van Tz’rerah, so ver as tot by die grens van Avel-M’golah by Tabbat.

23. Die manne van Yisra’el uit Naftali, Asher en uit die hele M’nasheh is opgeroep en hulle het Midyan agtervolg.

24. Gid’on het boodskappers deur die hele Bergland van Efrayim gestuur en gesê: “Kom af teen Midyan en beset die waterpunte voor hulle, so ver as tot by Beit-Barah en die Yarden.” So is al die manne van Efrayim bymekaargeroep en hulle het die waterpunte beset tot by Beit-Barah en die Yarden.

25. Hulle het die twee leiers van Midyan gevang, `Orev en Ze’ev en hulle het `Orev by die rots van `Orev doodgemaak en Ze’ev by die parskuip van Ze’ev terwyl hulle Midyan agtervolg het en hulle het die koppe van `Orev en Ze’ev van oorkant die Yarden af, na Gid’on toe gebring.

Lees volledige hoofstuk Rigters 7