Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 4:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Toe het hulle vir Sisra vertel dat Barak, die seun van Avino’am, opgegaan het na die berg Tavor.

13. Sisra het al sy strydwaens, nege honderd ysterwaens en al die manne wat by hom was, uit Haroshet-HaGoyim bymekaargeroep na die Kishonrivier.

14. D’vorah het vir Barak gesê: “Staan op, want hierdie is die dag waarop יהוה Sisra in jou hand gegee het; let op, יהוה het voor jou uitgegaan.” Barak het afgegaan vanaf die berg Tavor met tien duisend man wat hom volg.

15. יהוה het Sisra met al sy waens en sy hele leër met die skerpte van die swaard uitmekaar gejaag voor Barak en Sisra het van sy wa afgeklim en te voet gevlug,

16. maar Barak het die waens en die leër agtervolg tot by Haroshet-HaGoyim en die hele leër van Sisra het deur die skerpte van die swaard geval; selfs nie een het oorgebly nie.

17. Sisra het te voet gevlug na die tent van Ya’el, die vrou van Hever, die Keiniet, want daar was vrede tussen Yavin, die koning van Hatzor en die huis van Hever, die Keiniet.

18. Ya’el het uitgegaan om Sisra te ontmoet en vir hom gesê: “Draai af, my meester, draai af na my toe! Moenie bang wees nie!” Hy het na haar toe afgedraai, na haar tent en sy het hom met ’n kombers bedek.

19. Hy het vir haar gesê: “Gee vir my asseblief ’n bietjie water om te drink, want ek is dors.” Sy maak toe die bokvelsak oop en laat hom daaruit drink; toe maak sy hom weer toe.

20. Hy sê vir haar: “Staan in die ingang van die tent en as dit gebeur dat iemand kom en vir jou vra en sê: “Is daar iemand hier?” dat jy sal sê: “Nee.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 4