hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die seuns van Yisra’el weer boos gedoen in die oë van יהוה nadat Ehud dood is

2. en יהוה het hulle verkoop in die hand van Yavin, die koning van Kena’an, wat in Hatzor regeer het en die bevelvoerder van sy leërmag was Sisra, wat in Haroshet-HaGoyim gebly het.

3. Die seuns van Yisra’el het na יהוה uitgeroep, want hy het nege honderd ysterwaens gehad en die kinders van Yisra’el twintig jaar lank onderdruk.

4. D’vorah, ’n profetes, die vrou van Lappidot, het Yisra’el in daardie tyd gerig.

5. Sy was gewoond om onder die palmboom van D’vorah te sit, tussen Ramah en Beit-El, in die Bergland van Efrayim en die seuns van Yisra’el het na haar toe opgekom vir uitspraak.

6. Sy het gestuur en vir Barak, die seun van Avino’am, uit Kedesh in Naftali, laat roep en vir hom gesê: “Let op, יהוה, die God van Yisra’el, het beveel: “Gaan en marsjeer na die berg Tavor en vat tien duisend man van die seuns van Naftali en van die seuns van Z’vulun saam met jou.

7. Ek sal dat Sisra, die bevelvoerder van Yavin se leermag, met sy strydwaens en sy menigte na jou toe uittrek by die Kishonrivier en Ek sal hom in jou hand gee”.”

8. Toe sê Barak vir haar: “As u saam met my sal gaan, sal ek gaan, maar as u nie saam met my gaan nie, sal ek nie gaan nie.”

9. Sy het gesê: “Ek sal sekerlik saam met jou gaan; daarom sal die eer nie joune wees op die reis wat jy op die punt staan om op te gaan nie, want יהוה sal Sisra in die hand van ’n vrou verkoop.” Toe staan D’vorah op en gaan saam met Barak na Kedesh.

10. Barak het Z’vulun en Naftali na Kedesh toe bymekaargeroep en tien duisend man het saam met hom opgegaan; D’vorah het ook saam met hom opgegaan.Num 10:29-30; Rig 1:16;4:17

11. Hever, die Keiniet, het homself afgeskei van die res van Keiniete, die nageslag van Hovav, seun van die skoonvader van Moshe en hy het sy tent opgeslaan so ver as by die eikeboom in Tza’anamim, wat naby Kedesh is.

12. Toe het hulle vir Sisra vertel dat Barak, die seun van Avino’am, opgegaan het na die berg Tavor.

13. Sisra het al sy strydwaens, nege honderd ysterwaens en al die manne wat by hom was, uit Haroshet-HaGoyim bymekaargeroep na die Kishonrivier.

14. D’vorah het vir Barak gesê: “Staan op, want hierdie is die dag waarop יהוה Sisra in jou hand gegee het; let op, יהוה het voor jou uitgegaan.” Barak het afgegaan vanaf die berg Tavor met tien duisend man wat hom volg.

15. יהוה het Sisra met al sy waens en sy hele leër met die skerpte van die swaard uitmekaar gejaag voor Barak en Sisra het van sy wa afgeklim en te voet gevlug,

16. maar Barak het die waens en die leër agtervolg tot by Haroshet-HaGoyim en die hele leër van Sisra het deur die skerpte van die swaard geval; selfs nie een het oorgebly nie.

17. Sisra het te voet gevlug na die tent van Ya’el, die vrou van Hever, die Keiniet, want daar was vrede tussen Yavin, die koning van Hatzor en die huis van Hever, die Keiniet.

18. Ya’el het uitgegaan om Sisra te ontmoet en vir hom gesê: “Draai af, my meester, draai af na my toe! Moenie bang wees nie!” Hy het na haar toe afgedraai, na haar tent en sy het hom met ’n kombers bedek.

19. Hy het vir haar gesê: “Gee vir my asseblief ’n bietjie water om te drink, want ek is dors.” Sy maak toe die bokvelsak oop en laat hom daaruit drink; toe maak sy hom weer toe.

20. Hy sê vir haar: “Staan in die ingang van die tent en as dit gebeur dat iemand kom en vir jou vra en sê: “Is daar iemand hier?” dat jy sal sê: “Nee.”

21. Ya’el, die vrou van Hever, het egter ’n tentpen en hamer in haar hand gevat en stilletjies na hom toe gegaan en die pen in sy slaap ingeslaan en dit het deurgegaan in die grond in, want hy was vas aan die slaap en uitgeput. So het hy gesterf.

22. Terwyl Barak Sisra agtervolg, let op, het Ya’el uitgekom om hom te ontmoet en vir hom gesê: “Kom en ek sal vir u die man wys wat u soek.” Hy het saam met haar ingegaan en let op, Sisra lê daar dood, met die tentpen in sy slaap!

23. So het God op daardie dag vir Yavin, die koning van Kena’an, voor die seuns van Yisra’el onderwerp.

24. Die hand van die seuns van Yisra’el het swaarder en swaarder gedruk op Yavin, die koning van Kena’an totdat hulle Yavin, die koning van Kena’an, vernietig het.