Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:24-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Toe kom die seuns van Yisra’el teen die seuns van Binyamin die tweede dag.

25. Binyamin het uit Giv’ah op die tweede dag teen hulle uitgegaan en van die seuns van Yisra’el nog agttien duisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond geslaan.

26. Toe het al die seuns van Yisra’el en die hele volk opgegaan na Beit-El en gehuil; daar het hulle gebly voor die Teenwoordigheid van יהוה en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en vredesoffers voor die Teenwoordigheid van יהוה geoffer.

27. Die seuns van Yisra’el het יהוה geraadpleeg (want die ark van die verbond van God was in dié dae daar,

28. en Pingas, die seun van El’azar, die seun van Aharon, het in dié dae voor dit gestaan) en gesê: “Moet ek weereens uitgaan in geveg teen die seuns van my broer, Binyamin, of moet ek ophou?” יהוה sê: “Gaan op, want môre sal Ek hulle in jou hand gee.”

29. Yisra’el het rondom Giv’ah manne in hinderlaag opgestel.

30. Die seuns van Yisra’el het op die derde dag teen die seuns van Binyamin opgegaan en hulle teen Giv’ah opgestel soos die vorige kere.

31. Die seuns van Binyamin het uitgegaan teen die manne en is weggelok van die stad af en het soos die vorige kere begin om sommige van die manne op die grootpaaie, waarvan die een opgaan na Beit-El en die ander na Giv’ah en in die veld te slaan en te dood; omtrent dertig man van Yisra’el.

32. Die seuns van Binyamin het gesê: “Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer,” maar die seuns van Yisra’el het gesê: “Laat ons vlug om hom van die stad af weg te trek na die grootpaaie toe.”

33. Toe staan al die manne van Yisra’el op uit hulle plekke en neem stelling in by Ba’al-Tamar en die manne van Yisra’el wat in hinderlaag was ruk op uit hulle plekke, uit die grotte van Giv’ah.

34. Toe tien duisend uitgesoekte manne uit die hele Yisra’el teen Giv’ah aankom, het die geveg hewig geword, maar Binyamin het nie geweet dat die ramp naby hulle was nie.

35. יהוה het Binyamin voor Yisra’el verslaan sodat die seuns van Yisra’el op dié dag vyf en twintig duisend een honderd man, wat almal die swaard uittrek, van Binyamin vernietig het.

36. Die seuns van Binyamin het gesien dat hulle verslaan is. Toe die manne van Yisra’el ruimte vir Binyamin gee omdat hulle vertrou het op die manne in die hinderlaag wat hulle teen Giv’ah opgestel het,

37. het die manne in die hinderlaag vinnig teen Giv’ah gestorm; die manne in die hinderlaag het ook ontplooi en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.

38. Die gegewe teken tussen die manne van Yisra’el en die manne in die hinderlaag was dat hulle ’n groot rookwolk uit die stad sal laat optrek.

39. Toe het die manne van Yisra’el omgedraai in die geveg en Binyamin het begin om ongeveer dertig man van Yisra’el neer te slaan, want hulle het gedink: “Hulle is sekerlik voor ons verslaan soos in die eerste geveg.”

40. Toe die wolk egter begin optrek uit die stad in ’n rookpilaar het Binyamin agter hom gekyk en let op, die hele stad het in rook opgegaan na die hemel!

41. Toe het die manne van Yisra’el omgedraai en die manne van Binyamin was vreesbevange, want hulle het gesien dat die ramp naby hulle was;

Lees volledige hoofstuk Rigters 20