Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 19:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hulle het verbygetrek en op hulle pad gegaan en die son het oor hulle ondergegaan naby Giv’ah wat aan Binyamin behoort.

15. Hulle het daar afgedraai om in Giv’ah in te gaan en te bly. Toe hulle ingegaan het, het hulle in die oop plein van die stad gaan sit, want niemand het hulle in sy huis ingeneem om te oornag nie.

16. Let op, ’n ou man het uit die veld van sy werk af gekom teen sonsondergang. Die man was vanaf die Bergland van Efrayim afkomstig en het in Giv’ah gebly, maar die manne van die plek was Binyaminiete.

17. Hy het sy oë opgelig en die reisiger op die oop plein van die stad gesien en die ou man vra: “Waar gaan u heen en waar kom u vandaan?”

18. Hy sê vir hom: “Ons gaan deur van Beit-Legem in Y’hudah tot by die afgeleë deel van die Bergland van Efrayim, want ek is van daar en ek het na Beit-Legem in Y’hudah gereis, maar ek gaan na my huis toe en niemand wil my in sy huis inneem nie.

19. Tog is daar beide strooi en voer vir ons donkies en brood en wyn vir my, vir u diensmaagd en vir die jongman wat by u diensknegte is; daar is aan niks gebrek nie.”

20. Die ou man sê: “Vrede, voorspoed, gesondheid en vergenoegdheid vir jou! Laat my net vir al u behoeftes sorg; moet egter net nie op die oop plein oornag nie.”

21. Hy het hom in sy huis ingebring en aan die donkies voer gegee en hulle het hul voete gewas en geëet en gedrink.

22. Terwyl hulle feesvier, let op, het die manne van die stad, sekere waardelose manne, die huis omsingel en hard aan die deur geklop en hulle het met die ou man gepraat, die eienaar van die huis en gesê: “Bring die man uit wat in jou huis ingekom het dat ons met hom gemeenskap kan hê.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 19