Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 16:10-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Toe sê D’lilah vir Shimshon: “Let op, jy het my mislei en vir my leuens vertel; vertel my nou asseblief hoe jy vasgebind kan word.”

11. Hy antwoord haar: “As hulle my stewig vasbind met nuwe toue wat nie gebruik is nie, dan sal ek swak word en wees soos enige man.”

12. D’lilah het nuwe toue gevat en hom daarmee vasgebind en vir hom gesê: “Die F’lishtyne is op jou, Shimshon,” want die manne het in die binnekamer gewag, maar hy het die toue soos ’n garingdraad van sy arms afgebreek.”

13. Toe sê D’lilah vir Shimshon: “Tot nou toe het jy my mislei en vir my leuens vertel; vertel my hoe jy vasgebind kan word.” Hy antwoord haar: “As jy die sewe lokke van my hare saam met die weefnet invleg en met ’n pen vasmaak.”

14. Terwyl hy slaap, vat D’lilah die sewe lokke van sy hare, weef dit in die weefnet, steek dit vas met die pen en sê vir hom: “Die F’lishtyne is op jou, Shimshon!” Hy het wakker geword uit sy slaap en die weefpen met die weefnet uitgeruk.

15. Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê: ‘Ek het jou lief!’ terwyl jou binneste nie met my is nie? Jy het my nou hierdie drie keer mislei en my nie vertel waar jou groot krag is nie”.

16. Dit het gebeur toe sy hom daagliks met haar woorde gedruk en by hom aangedring het dat sy gees vies was tot die dood toe.

17. Hy het vir haar alles vertel wat in sy gemoed was en vir haar gesê: “Daar het nooit ’n skeermes oor my kop gekom nie, want ek is ’n Natzir tot God van my moeder se baarmoeder af. As ek geskeer word, sou my krag my verlaat en ek sal swak word en wees soos enige man.”

18. Toe D’lilah sien dat hy haar alles vertel het wat in sy binneste was, stuur sy en laat die meesters van die F’lishtyne roep en sê: “Kom weer ’n keer op, want hy het vir my alles wat in sy binneste was, vertel.” Toe kom die meesters van die F’lishtyne op na haar toe en bring die geld in hulle hande.

19. Sy het hom op haar skoot laat slaap en ’n man geroep en hom die sewe haarlokke laat afskeer. Toe het sy hom begin lastig val en sy krag het hom verlaat.

20. Sy het gesê: “Die F’lishtyne is op jou, Shimshon!” Hy het uit sy slaap wakker geword en gesê: “Ek sal uitgaan soos die vorige kere en myself losruk.” Hy het egter nie geweet dat יהוה van hom af weggegaan het nie.

21. Die F’lishtyne het hom gegryp, sy oë uitgesteek, hom afgebring na `Azah en hom met koperkettings vasgebind en hy was ’n maler in die gevangenis.

22. Die hare van sy kop het egter weer begin groei nadat dit afgeskeer is.

23. Die meesters van die F’lishtyne het bymekaargekom om ’n groot offer te bring aan hulle god Dagon en om hulle te verbly, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand, Shimshon, in ons hand gegee.”

24. Toe die mense hom sien, het hulle hul god geprys, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand, die vernietiger van ons land, wat baie van ons doodgeslaan het, in ons hand gegee.”

25. Dit het so gebeur dat toe hulle gees opgelig was, hulle sê: “Laat Shimshon haal sodat hy ons kan vermaak.” Hulle het Shimshon uit die gevangenis laat haal en hy het hulle vermaak. Hulle het hom tussen die pilare laat staan.

Lees volledige hoofstuk Rigters 16