Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 8:20-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. So het Moshe, Aharon en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el met die Leviete gedoen volgens wat יהוה Moshe aangaande die Leviete beveel het; so het die seuns van Yisra’el met hulle gedoen.

21. Die Leviete het hulleself ook gereinig van sonde, hulle klere gewas en Aharon het hulle aangebied as ’n waaioffer voor יהוה en Aharon het toedekking vir hulle gedoen om hulle te reinig.

22. Daarna het die Leviete ingekom in die Tent van Ontmoeting om hulle dienswerk voor Aharon en sy seuns te doen; soos יהוה Moshe aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.

23. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

24. “Hierdie is wat op die Leviete van toepassing is: van vyf en twintig jaar oud en ouer moet hulle kom om in te gaan en die dienswerk van die Tent van Ontmoeting te doen,

25. maar van vyftig jaar oud af moet hulle uittree uit die dienslewering en nie meer werk nie.

26. Hulle kan saam met hulle broers in die Tent van Ontmoeting toesig hou, maar hulle sal geen werk self doen nie. So moet jy met die Leviete doen aangaande hulle verantwoordelikheid.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 8