Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 9:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. wat sy verstand, wil en emosie suiwer voor U gevind het en ’n verbond met hom gesluit het om die land van die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Y'vusiete en Girgashiete, aan hom te gee, om aan sy nageslag te gee en U het U woorde tot hom uitgevoer, want U is regverdig.

9. U het die benoudheid van ons vaders in Mitzrayim gesien en hulle uitroep by die Sufsee gehoor

10. en tekens en wonders gedoen aan Farao, al sy diensknegte en aan al die mense van die land, want U het geweet dat hulle verkeerd gedoen het teen U volk. So het U vir U ’n Naam gemaak, soos dit vandag is.

11. U het ’n pad voor hulle oopgemaak in die see sodat hulle op droë grond dwarsdeur die see getrek het en U het hulle vervolgers in die diepte van die see gegooi, soos ’n klip wat sink in die magtige waters.

12. Verder het U hulle ook gelei met ’n wolkpilaar bedags en met ’n vuurpilaar snags om vir hulle lig te gee op die pad waar hulle moes gaan.

13. U het ook afgekom op die berg Sinai en met hulle gepraat vanuit die hemel en aan hulle die regte oordele, wette van waarheid, goeie instellings en opdragte gegee.

14. U het aan hulle U afgesonderde Shabbat bekend gemaak, asook opdragte, instellings en wette, wat U deur U dienskneg Moshe beveel het.Yog 6:31 en water uit ’n rots laat uitkom vir hulle dors en aan hulle belowe dat hulle sou ingaan en die land in besit neem wat U hand met ’n eed aan hulle belowe het,

15. U het vir hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger

16. maar hulle en hulle vaders het boos opgetree en was hardkoppig en het nie na U opdragte geluister en dit gedoen nie.Num 14:18

17. Hulle het geweier om gehoorsaam te wees en ook nie gedink aan U wonders wat U tussen hulle gedoen het nie, maar het hulle verstand wil en emosie na hulle bose dade gedraai. Tog is U ’n God wat gereed is om vry te spreek, vol omgee en onverdiende guns, stadig om kwaad te word en gereed om na versoeke te luister en U het hulle nie verlaat nie.

18. Ja, toe hulle ’n gegote kalf vir hulleself gemaak en gesê het: “Hierdie is jou god, o Yisra’el wat jou uit Mitzrayim laat optrek het” en hulle groot boosheid gedoen het,

Lees volledige hoofstuk Negemyah 9