Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 9:2-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en die seuns van Yisra’el het hulleself afgesonder van al die ander nasies en het gestaan en hulle sondes erken en die sondes van hulle vaders.

3. Hulle het op hulle plekke opgestaan en vir ’n kwart deel van die dag gelees uit die wetboek van יהוה, hulle God en nog ’n kwart deel van die dag erkenning gedoen en יהוה, hulle God, aanbid.

4. Toe het die leiers van die Leviete: Yeshua, Kadmi’el, Bani, Hashavn’yah, Sherevyah, Hodiyah, Sh’vanyah en P’tagyah opgestaan en met ’n harde stem voor יהוה, hulle God, gebid.

5. Die Leviete: Yeshua, Kadmi’el, Bani, Hashavn’yah, Sherevyah, Hodiyah, Sh’vanyah en P’tagyah het gesê: “Staan op en praat goed van יהוה, julle God, vir ewig en ewig en geseënd is U wonderlike Naam (Karakter en Outoriteit), wat verhewe is bo alle skepping en lofprysing!Ps 146:6-7; Open 10:6

6. U alleen is יהוה, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërmagte, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, gemaak en U hou dit alles in stand; die leërmag van die hemel val voor U neer.

7. U is יהוה, die God wat Avram gekies het en hom uit Ur van die Kasdeërs uitgebring het en sy naam verander het na Avraham;

8. wat sy verstand, wil en emosie suiwer voor U gevind het en ’n verbond met hom gesluit het om die land van die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Y'vusiete en Girgashiete, aan hom te gee, om aan sy nageslag te gee en U het U woorde tot hom uitgevoer, want U is regverdig.

9. U het die benoudheid van ons vaders in Mitzrayim gesien en hulle uitroep by die Sufsee gehoor

10. en tekens en wonders gedoen aan Farao, al sy diensknegte en aan al die mense van die land, want U het geweet dat hulle verkeerd gedoen het teen U volk. So het U vir U ’n Naam gemaak, soos dit vandag is.

11. U het ’n pad voor hulle oopgemaak in die see sodat hulle op droë grond dwarsdeur die see getrek het en U het hulle vervolgers in die diepte van die see gegooi, soos ’n klip wat sink in die magtige waters.

12. Verder het U hulle ook gelei met ’n wolkpilaar bedags en met ’n vuurpilaar snags om vir hulle lig te gee op die pad waar hulle moes gaan.

13. U het ook afgekom op die berg Sinai en met hulle gepraat vanuit die hemel en aan hulle die regte oordele, wette van waarheid, goeie instellings en opdragte gegee.

14. U het aan hulle U afgesonderde Shabbat bekend gemaak, asook opdragte, instellings en wette, wat U deur U dienskneg Moshe beveel het.Yog 6:31 en water uit ’n rots laat uitkom vir hulle dors en aan hulle belowe dat hulle sou ingaan en die land in besit neem wat U hand met ’n eed aan hulle belowe het,

15. U het vir hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger

16. maar hulle en hulle vaders het boos opgetree en was hardkoppig en het nie na U opdragte geluister en dit gedoen nie.Num 14:18

17. Hulle het geweier om gehoorsaam te wees en ook nie gedink aan U wonders wat U tussen hulle gedoen het nie, maar het hulle verstand wil en emosie na hulle bose dade gedraai. Tog is U ’n God wat gereed is om vry te spreek, vol omgee en onverdiende guns, stadig om kwaad te word en gereed om na versoeke te luister en U het hulle nie verlaat nie.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 9