Ou Testament

Nuwe Testament

Mikhah 4:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit sal gebeur in die laaste dae dat die berg van die huis van יהוה gevestig sal word as die hoof van die berge. Dit sal bo die heuwels opgelig word en die volke sal daarheen stroom.

2. Baie nasies sal kom en sê: “Kom, laat ons opgaan na die berg van יהוה en na die huis van die God van Ya’akov sodat Hy ons aangaande Sy lewenswyses kan leer en ons in Sy paaie kan loop,” want vanuit Tziyon sal die Wet uitgaan, die Boodskap van יהוה vanuit Yerushalayim.

3. Hy sal oordeel tussen baie volke en besluite maak vir magtige, veraf, nasies. Dan sal hulle hul swaarde in ploegskare smee en hulle spiese in snoeimesse; nasie sal nie die swaard optel teen nasie nie en nooit weer sal hulle oefen vir oorlog nie.

4. Elkeen van hulle sal sit onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, met niemand om hulle bang te maak nie, want die mond van יהוה-Tzva’ot het gepraat.

5. Alhoewel al die volke optree, elkeen in die naam (karakter en outoriteit) van sy god, wat óns betref, ons sal lewe in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, ons God, vir ewig en ewig.Deut 30:3-5

6. “In daardie dag,” verklaar יהוה, “sal Ek die kreupeles laat vergader en hulle wat weggedryf was bymekaarmaak, selfs die wat Ek geteister het.

Lees volledige hoofstuk Mikhah 4