hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Mikhah 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit sal gebeur in die laaste dae dat die berg van die huis van יהוה gevestig sal word as die hoof van die berge. Dit sal bo die heuwels opgelig word en die volke sal daarheen stroom.

2. Baie nasies sal kom en sê: “Kom, laat ons opgaan na die berg van יהוה en na die huis van die God van Ya’akov sodat Hy ons aangaande Sy lewenswyses kan leer en ons in Sy paaie kan loop,” want vanuit Tziyon sal die Wet uitgaan, die Boodskap van יהוה vanuit Yerushalayim.

3. Hy sal oordeel tussen baie volke en besluite maak vir magtige, veraf, nasies. Dan sal hulle hul swaarde in ploegskare smee en hulle spiese in snoeimesse; nasie sal nie die swaard optel teen nasie nie en nooit weer sal hulle oefen vir oorlog nie.

4. Elkeen van hulle sal sit onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, met niemand om hulle bang te maak nie, want die mond van יהוה-Tzva’ot het gepraat.

5. Alhoewel al die volke optree, elkeen in die naam (karakter en outoriteit) van sy god, wat óns betref, ons sal lewe in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, ons God, vir ewig en ewig.Deut 30:3-5

6. “In daardie dag,” verklaar יהוה, “sal Ek die kreupeles laat vergader en hulle wat weggedryf was bymekaarmaak, selfs die wat Ek geteister het.

7. Ek sal die wat kreupel is laat oorbly en die uitgeworpenes tot ’n sterk nasie maak en יהוה sal heers oor hulle op die berg Tziyon, van nou af en vir ewig.

8. Wat jou betref, toring van die trop, heuwel van die dogter van Tziyon, na jou toe sal dit kom, selfs die vroeëre oorheersing sal kom, die koninkryk van die dogter van Yerushalayim.

9. Nou, waarom roep jy hardop uit? Is daar geen koning in jou nie, of het jou raadgewer omgekom dat smart jou aangegryp het soos vir ’n vrou wat geboorte gee?

10. Krimp inmekaar en werk om geboorte te gee, dogter van Tziyon, soos ’n vrou wat geboorte gee, want nou sal jy uit die stad uitgaan, in die veld bly en na Bavel gaan. Daar sal jy gered word; dáár sal יהוה jou loskoop uit die hand van jou vyande.

11. Nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: ‘Laat haar onteer word en laat ons oë lekker kry oor Tziyon.’

12. Hulle ken egter nie die gedagtes van יהוה nie en hulle verstaan nie Sy doel nie, want Hy sal hulle soos gerwe vir die dorsvloer versamel.

13. Staan op en dors, o dogter van Tziyon, want Ek sal jou horing yster maak en jou hoewe koper sodat jy baie volke kan fyntrap; dat jy hulle onregverdige wins aan יהוה kan toewy en hulle rykdom aan die Meester van die hele aarde.