Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 8:22-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Toe het Hy die tweede ram, die ram van toewyding, gebring en Aharon, met sy seuns, het hulle hande op die kop van die ram gelê.

23. Moshe het dit geslag en van die bloed gevat en dit aan die regter oorbel van Aharon, aan die duim van sy regter hand en aan die groottoon van sy regter voet gesmeer.

24. Moshe het ook die seuns van Aharon laat naderkom en van die bloed aan hulle regter oorbel, aan die duim van hulle regter hand en aan die groottoon van hulle regter voet gesmeer en Moshe het die bloed rondom teen die altaar gesprinkel.

25. Hy het die vet gevat, die vetstert, al die vet wat aan die binnegoed was, die vetlap aan die lewer, die twee niere en hulle vet en die regterboud;

26. uit die mandjie met ongesuurde brode wat voor יהוה was, vat hy een ongesuurde koek, ’n broodkoek met olie gemeng en een platkoek en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit

27. en dit alles in die hande van Aharon en die hande van sy seuns gesit en hy het dit as waaioffer voor יהוה gewaai.

28. Moshe het dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo-op die brandoffer, gebrand en in rook laat opgaan; ’n toewydingsoffer was dit, as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.

29. Moshe het die bors gevat en dit as waaioffer voor יהוה gewaai. Dit was Moshe se deel van die toewydingsram, soos יהוה Moshe beveel het.

30. Moshe het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, gevat en dit op Aharon, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns, gesprinkel. So het hy Aharon, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns, afgesonder.

31. Moshe sê vir Aharon en sy seuns: “Kook die vleis by die ingang van die Tent van Ontmoeting en eet dit daar saam met die brood wat in die mandjie vir die toewydingsoffer is, soos ek beveel en voor gesê is: ‘Aharon en sy seuns moet dit eet.’

32. Wat ook al van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.

33. Julle mag vir sewe dae lank nie by die ingang van die Tent van Ontmoeting uitgaan nie; vir die dae van julle toewyding om vervul te word. Vir sewe dae lank sal Hy julle hand bevestig.

34. Soos hy vandag gedoen het, het יהוה beveel om te doen, om vir julle toedekking te bring.

35. Julle moet daarom by die ingang van die Tent van Ontmoeting bly, dag en nag, sewe dae lank; julle moet die opdragte van יהוה hou sodat julle nie sterf nie, want so is ek beveel.”Lev 10:1,2

36. So het Aharon en sy seuns alles gedoen wat יהוה deur die hand van Moshe beveel het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 8