Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 5:12-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hy moet dit na die priester bring en die priester moet daar ’n vol handvol van vat as die herdenkingsdeel en dit op die altaar in rook laat opgaan volgens die offers deur vuur tot יהוה. Dit is ’n sondoffer.

13. So moet die priester vir hom toedekking doen vir die sonde wat hy gedoen het in enige een van hierdie gevalle en dit sal hom vergewe word. Die res behoort aan die priester, net soos die graanoffer.’”

14. יהוה het ook met Moshe gepraat en gesê:

15. “As iemand ’n oortreding begaan en onwetend sondig met betrekking tot die afgesonderde dinge van יהוה, moet hy ’n ram, sonder gebrek, vanuit die kleinvee, na יהוה bring vir sy oortreding, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek, as ’n oortredingsoffer.

16. Hy moet vergoeding gee vir wat hy ten opsigte van die afgesonderde dinge gesondig het en nog ’n vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee. So moet die priester vir hom toedekking doen deur die oortredings-offerram en dit sal hom vergewe word.

17. As iemand sondig en onbewus enigiets doen wat deur die opdragte van יהוה verbied word, is hy skuldig en moet hy sy straf dra.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 5