Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 4:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘As iemand onwetend teen een van die opdragte, wat יהוה beveel het nie gedoen mag word nie, sondig en enige een van hulle oortree;Ya’a 2:10

3. of as die gesalfde priester sondig en daardeur skuld op die mense bring; moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ’n jong bul, sonder gebrek, aan יהוה bring as ’n sondoffer.

4. Hy moet die bul bring na die ingang van die Tent van Ontmoeting, voor יהוה en hy moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul voor יהוה doodmaak.

5. Die gesalfde priester moet van die bloed van die bul vat en dit na die Tent van Ontmoeting bring

6. en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal voor יהוה sprinkel, voor die verdelingsgordyn van die Afgesonderde plek.

7. Die priester moet ook van die bloed aan die horings van die altaar van die gegeurde wierook, wat in die Tent van Ontmoeting voor יהוה is, smeer en hy moet al die orige bloed van die bul uitgooi aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting is

8. en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom af wegvat: die vet wat die binnegoed toemaak en al die vet wat aan die binnegoed is,

9. die twee niere en die vet wat daarop is aan die lendene en die vetlap aan die lewer, wat hy saam met die niere moet verwyder,

10. net soos dit van die vredesoffer verwyder word; die priester moet dit in rook laat opgaan op die brandofferaltaar,

11. maar die vel van die bul en al sy vleis, met die kop, die pote, die binnegoed en die mis,

12. die hele res van die bul, moet hy buitekant die kamp uitbring na ’n skoon plek waar die as uitgegooi word en hy moet hom op hout, met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet dit verbrand word.

13. As die hele vergadering van Yisra’el oortree en dit is verborge vir die vergadering en hulle het enige iets gedoen teen die opdragte van יהוה, wat nie gedoen moes word nie en skuldig is;

Lees volledige hoofstuk Levitikus 4