Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 13:13-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Die pyn van kindergeboorte kom oor hom; hy is nie ’n wyse seun nie, want dit is nie die tyd dat hy moet uitstel om as eersteling gebore te word nie.1 Kor 15:55; Open 1:18 Vertroosting is verborge vir My oë.

14. Sal Ek hulle loskoop uit die krag van Sh’ol? Sal Ek hulle terugkoop uit die dood? Dood, waar is jou dorings? Sh’ol, waar is jou angel?

15. Alhoewel hy floreer tussen die riete sal ’n Oostewind kom, die wind van יהוה, wat uit die wildernis opkom en sy fontein sal droog word en sy bron sal opgedroog wees. Dit sal sy skat van alle kosbare voorwerpe plunder.

16. (14:1) Shomron sal skuldig gehou word, want sy het teen haar God rebelleer. Hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal in stukkies verpletter word en hulle verwagtende vroue sal oopgesny word.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 13