Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 26:4-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees

5. omdat Avraham My stem gehoorsaam het en My opdragte, My bevele, My verordeninge en My wette nagekom het.”Hand 3:25

6. Yitz’gak het in G’rar gebly.

7. Die manne van die plek het hom na sy vrou gevra en hy antwoord: “Sy is my suster.” Hy was bang om te sê: “My vrou,” anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, hom miskien doodmaak ter wille van Rivkah, want sy was mooi om na te kyk.

8. Nadat hy al ’n lang tyd daar was, het dit so gebeur dat Avimelekh, die koning van die F’lishtyne, deur die venster uitkyk en sien hoedat Yitz’gak met Rivkah, sy vrou, speel

9. en Avimelekh het Yitz’gak geroep en gesê: “Let op, sy is sekerlik jou vrou! Hoekom het jy dan verklaar: sy is my suster?” Yitz’gak antwoord hom: “Omdat ek gedink het dat ek miskien om haar ontwil doodgemaak sal word.”

10. Avimelekh sê: “Wat is hierdie wat jy ons aangedoen het? Hoe maklik kon een van die mense by jou vrou gelê het en jy skuld oor ons gebring het!”

11. Avimelekh het bevel gegee aan die hele volk en gesê: “Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal die dood sterf.”

12. Yitz’gak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig ingebring, want יהוה het hom geseën.

13. Die man het ryk geword en altyddeur gegroei in rykdom totdat hy uitermate ryk was.

14. Hy het troppe kleinvee en beeste besit en baie bediendes sodat die F’lishtyne jaloers was op hom.

15. Die F’lishtyne het al die putte wat sy vader se diensknegte in die dae van sy vader Avraham gegrawe het, toegestop en met grond opgevul.

16. Avimelekh sê vir Yitz’gak: “Gaan weg van ons af, want jy het magtiger as ons geword.”

17. Daarop het Yitz’gak weggetrek van daar en sy tent opgeslaan in die vallei van G’rar en daar gebly.

18. Yitz’gak het die waterputte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Avraham gegrawe het en wat die F’lishtyne ná die dood van Avraham toegestop het en dit genoem volgens die name wat sy vader daaraan gegee het.

19. Yitz’gak se diensknegte het ook in die dal gegrawe en daar ’n put met lewendige water gevind.

20. Die herders van G’rar het gestry met die herders van Yitz’gak en gesê: “Dit is óns water.” Hy het die put daarom `Esek genoem omdat hulle met hom gestry het.

21. Hulle het ’n ander put gegrawe en daaroor het hulle ook gestry; daarom het hy dit Sitnah genoem.

Lees volledige hoofstuk Genesis 26