Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 1:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Toe het die koning met die wyse manne, die kenners van die tye, gepraat, want dit was die koning se gebruik, hy het sake bespreek in die teenwoordigheid van almal wat die wet en die reg geken het

14. en die wat naaste aan hom was, was Karshna, Shetar, Admata, Tarshish, Meres, Marsna en Memukhan, die sewe prinse van die Perse en die Mede wat in die teenwoordigheid van die koning gesit het en wat voor hom gesien is by die poort van die koninklike paleis.

15. “Wat sal ons volgens wet aan koningin Vashti doen omdat sy nie die opdrag van koning Agashverosh, deur sy lyfknegte gegee, uitgevoer het nie?”

16. Memukhan het voor die koning en die prinse gesê: “ Vashti, die koningin, het nie alleen verkeerd gedoen teenoor die koning nie, maar ook teenoor al die prinse en al die mense wat in al die provinsies van koning Agashverosh is,

17. want hierdie daad van die koningin sal al die vroue bereik sodat hulle mans in hul oë veragtelik sal wees en hulle sal sê: “Koning Agashverosh het bevel gegee om koningin Vashti voor hom in te bring, maar sy het nie gekom nie.”

Lees volledige hoofstuk Ester 1