Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7:12-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. want elkeen het sy staf neergegooi en dit het slange geword, maar Aharon se staf het hulle stawwe ingesluk.

13. Farao se wil, emosie en verstand was onveranderlik en hy het nie na hulle geluister nie, soos יהוה gesê het.

14. יהוה sê vir Moshe: “Farao se wil, emosie en verstand is hard, hy weier om die volk te laat gaan.

15. Gaan môre vroeg na Farao wanneer hy uitgaan na die water toe en staan aan die kant van die rivier om hom te ontmoet en die staf wat in ’n slang verander het, moet in jou hand wees

16. en sê vir hom: “יהוה, die God van die Hebreërs, het my na u toe gestuur en gesê: ‘Laat My volk gaan dat hulle My kan dien in die wildernis,’ maar let op, u het tot nou toe nie geluister nie en

17. יהוה sê daarom só: ‘Hieraan sal jy weet dat Ek יהוה is.’ Let op, ek sal met die staf wat in my hand is die water slaan wat in die rivier is en dit sal in bloed verander word.

18. Die visse in die rivier sal doodgaan sodat die rivier sal stink en die Mitzrayiete sal walg om die water uit die rivier te drink.”

19. יהוה het met Moshe gepraat: “Sê vir Aharon: ‘Vat jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Mitzrayiete, oor hulle strome, hulle riviere, hulle waterpoele en oor al hulle waterliggame sodat dit bloed word.’ Daar sal bloed in die hele land van Mitzrayim wees; in hout- en in klipbakke.”

20. Moshe en Aharon het dit so gedoen, soos יהוה beveel het; hy het die staf opgelig en die water wat in die rivier was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy diensknegte en al die water in die rivier is in bloed verander.

21. Die visse wat in die rivier was, het doodgegaan en die rivier het gestink sodat die Mitzrayiete nie die water uit die rivier kon drink nie en daar was bloed oor die hele land van Mitzrayim.

22. Die Mitzrayitiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle geheime kunste en Farao se wil, emosie en verstand was onveranderlik en hy het nie na hulle geluister nie, soos יהוה gesê het.

23. Farao het omgedraai en in sy huis ingegaan en niks hiervan ter harte geneem nie.

24. Al die Mitzrayiete het rondom die rivier na water gegrawe om te drink, want hulle kon nie van die rivier se water drink nie.

25. Sewe dae het verbygegaan nadat יהוה die rivier geslaan het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 7