Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 32:7-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. יהוה sê vir Moshe: “Gaan! Gaan af, want jou volk wat jy uit die land van Mitzrayim uitgebring het, het hulleself korrup gemaak.

8. Hulle het gou van die pad af weggedraai wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle ’n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: ‘Dit is jou god, o Yisra’el, wat jou uit die land van Mitzrayim laat optrek het.’”

9. יהוה het vir Moshe gesê: “Ek het hierdie volk gesien en, let op, hulle is ’n hardnekkige volk.Hand 7:51

10. Laat My daarom alleen sodat My wraak teen hulle kan brand en Ek hulle verteer en Ek sal van jou ’n groot nasie maak.”

11. Moshe het voor יהוה, sy God, gesmeek en gesê: “Waarom, יהוה, brand U woede teen U volk wat U met groot krag en met ’n sterk hand uit die land van Mitzrayim uitgelei het?

12. Hoekom sou die Mitzrayiete praat en sê: ‘Hy het hulle uitgelei om hulle kwaad aan te doen, in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig?’ Draai weg van U brandende wraak en verander U gedagtes om skade te doen aan U volk.

13. Onthou vir Avraham, Yitz’gak en Yisra’el, U diensknegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: ‘Ek sal julle nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en hierdie hele land waarvan Ek gepraat het, sal Ek aan julle nageslag gee sodat hulle dit vir ewig kan besit.’”

14. יהוה het Sy gedagtes verander oor die skade wat Hy gesê het Hy Sy volk sou aandoen.

15. Moshe het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand. Die tafels was op altwee kante geskryf; hulle was op die een en op die ander kant geskryf.

16. Die tafels was die werk van God en die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.

17. Toe Y’hoshua die stem van die volk hoor, hoe hulle juig, sê hy vir Moshe: “Daar is die geluid van oorlog in die kamp.”

18. Hy antwoord: “Dit is nie die klank van die gejuig van oorwinning nie en ook nie die geskree van neerlaag nie: ek hoor die klank van singery.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 32