Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 28:35-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Aharon moet dit aanhê wanneer hy bedien sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die Afgesonderde plek, voor die Teenwoordigheid van יהוה, ingaan en as hy uitgaan sodat hy nie sterf nie.

36. Jy moet ook ’n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos die gravering op ’n seëlsteen: AFGESONDER TOT יהוה.

37. Jy moet dit vasmaak aan ’n blou tou sodat dit aan die tulband vas kan wees; dit moet aan die voorkant van die tulband wees.

38. So moet dit dan op die voorkop van Aharon wees sodat Aharon die straf vir die oortredinge kan dra met betrekking tot die afgesonderde dinge wat die seuns van Yisra’el sal afsonder deur al hulle afgesonderde gawes. Dit moet voortdurend op sy voorkop wees sodat hulle voor יהוה aanvaar mag word.

39. Jy moet die kleed van wit geweefde linne kunstig uitwerk. Jy moet ook die tulband van wit geweefde linne maak en die gordel moet jy veelkleurig uitwerk.

40. Vir die seuns van Aharon moet jy klede en gordels maak. Jy moet ook vir hulle tulbande maak, tot eer, lof en tot versiering.

41. So moet jy jou broer Aharon en sy seuns saam met hom aantrek. Jy moet hulle salf, hulle aanstel en hulle afsonder sodat hulle My as priesters kan dien.

42. Jy moet ook vir hulle linne broeke maak om hulle kaal vlees toe te maak. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.

43. Aharon en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die Tent van Ontmoeting ingaan, of as hulle naby die altaar kom, om in die Afgesonderde plek te bedien sodat hulle geen skuld dra en sterf nie. Dit is ’n ewige voorskrif vir hom en vir sy nageslag ná hom.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 28