Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:11-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. en gereed wees vir die derde dag, want op die derde dag sal יהוה voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afkom.

12. Jy moet ook vir die volk grense rondom stel en sê: ‘Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, sal sekerlik doodgemaak word.’

13. Geen hand mag aan hom raak nie, maar hy moet gestenig word met klippe of met ’n pyl geskiet word; of dit ’n dier of ’n mens is; hy mag nie lewe nie. As die ramshoring ’n lang geluid blaas, mag hulle opgaan na die berg.”

14. Moshe het van die berg af na die volk toe gegaan en die volk afgesonder en hulle het hul klere gewas.

15. Hy het vir die volk gesê: “Wees gereed vir die derde dag; moenie by julle vrouens kom nie.”

16. Dit het op die derde dag, met die breek van die dag, gebeur dat daar harde stemme en weerlig en ’n swaar wolk op die berg was en die klank van ’n baie harde ramshoring sodat die hele volk wat in die kamp was, gebewe het.

17. Moshe het die volk uit die kamp uitgelei om God te ontmoet en hulle het gaan staan by die voet van die berg.Hand 2:1-3

18. Die hele berg Sinai was in rook omdat יהוה in ’n vuur daarop afgekom het. Sy rook het opgetrek soos die rook van ’n hoogoond en die hele berg het vreeslik geskud.

19. Toe die klank van die ramshoring aangehou het en uitermate harder geword het, het Moshe gepraat en God het hom met ’n harde stem geantwoord.

20. יהוה het afgekom op die berg Sinai, op die top van die berg en יהוה het Moshe na die top van die berg geroep en Moshe het opgegaan.

21. יהוה het vir Moshe gesê: “Gaan af, waarsku die volk dat hulle nie moet deurbreek om יהוה te sien en baie van hulle doodgaan nie.

22. Laat ook die priesters wat naby יהוה kom, hulleself afsonder sodat יהוה nie teen hulle uitbreek nie.”

23. Moshe sê vir יהוה: “Die volk kan nie op die berg Sinai kom nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: ‘Grens die berg af en sonder dit af ’.”

24. יהוה sê vir hom: “Gaan. Gaan af en kom weer terug, jy en Aharon saam met jou, maar die priesters en die volk mag nie deurbreek na יהוה toe nie sodat Hy nie teen hulle uitbreek nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19