Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 5:15-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Onthou dat jy in die land van Mitzrayim ’n slaaf was en dat יהוה, jou God, jou daarvandaan uitgelei het deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm; daarom het יהוה, jou God, jou beveel om die Shabbatdag te hou.Mar 7:10; Efe 6:1-3

16. Eer jou vader en jou moeder soos יהוה, jou God, jou beveel het sodat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat יהוה, jou God, aan jou gee.

17. Jy mag nie moord pleeg nie.

18. Jy mag nie egbreuk pleeg nie.

19. Jy mag nie steel nie.

20. Jy mag nie vals getuienis teen jou naaste bring nie.

21. Jy mag jou nie verlustig in jou naaste se vrou nie en jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, nie sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of enige iets wat aan jou naaste behoort nie.’

22. Hierdie woorde het יהוה tot julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die dik duisternis met ’n groot stem gepraat en Hy het niks verder bygevoeg nie. Hy het dit op twee kliptafels geskryf en dit vir my gegee.

23. Toe julle die stem uit die duisternis hoor terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe gekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes

24. en gesê: ‘Let op, יהוה, ons Magtige God, het ons Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid en Sy Grootheid laat sien en ons het Sy stem uit die vuur gehoor. Vandag het ons gesien dat God met die mens praat en tog lewe hy nog.

25. Waarom moet ons nou sterf? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van יהוה, ons God, nog langer hoor, sal ons sterf,

26. want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor praat het soos ons en steeds lewe?

27. Gaan ú nader en luister na alles wat יהוה, ons God, sal sê; sê u dan alles vir ons wat יהוה, ons God, vir u sal sê en ons sal luister en dit doen.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 5