Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 5:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Jy mag die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, jou God, nie valslik gebruik nie, want יהוה sal die een wat Sy Naam valslik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

12. Onderhou die Shabbatdag, deur dit af te sonder soos יהוה, jou God, jou beveel het.

13. Ses dae moet jy werk en al jou besigheid doen,

14. maar die sewende dag is ’n Shabbat van יהוה, jou God; dan mag jy géén besigheid doen nie; nie jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou donkie of enige van jou beeste, of die besoeker wat by jou bly nie sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus saam met jou.

15. Onthou dat jy in die land van Mitzrayim ’n slaaf was en dat יהוה, jou God, jou daarvandaan uitgelei het deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm; daarom het יהוה, jou God, jou beveel om die Shabbatdag te hou.Mar 7:10; Efe 6:1-3

16. Eer jou vader en jou moeder soos יהוה, jou God, jou beveel het sodat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat יהוה, jou God, aan jou gee.

17. Jy mag nie moord pleeg nie.

18. Jy mag nie egbreuk pleeg nie.

19. Jy mag nie steel nie.

20. Jy mag nie vals getuienis teen jou naaste bring nie.

21. Jy mag jou nie verlustig in jou naaste se vrou nie en jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, nie sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of enige iets wat aan jou naaste behoort nie.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 5