Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 3:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Ya’ir, die seun van M’nasheh, het die hele Argov landstreek tot by die grens van die G’shuriete en die Ma’akhatiete gevat en Bashan, na sy eie naam, Havot-Ya’ir, genoem tot vandag toe.

15. Ek het Gil’ad vir Makhir gegee

16. en aan die Re’uveniete en die Gadiete het ek van Gil’ad af tot by die Arnonvallei gegee, met die middel van die vallei as grens, tot by die Yabbokrivier, die grens van die seuns van `Ammon,

17. asook die vlakte, met die Yarden as grens, van Kinneret af tot by die See van die vlakte, die Soutsee, by die voet van die hange van Pisgah, in die ooste.

18. Toe het ek julle bevel gegee in daardie tyd en gesê: ‘יהוה, julle God, het aan julle hierdie land gegee, om dit in besit te neem; al die manne wat kan oorlog maak moet gewapend voor jul broers, die seuns van Yisra’el, oortrek,

19. maar julle vroue, julle kinders en julle vee; ek weet dat julle baie vee het; moet in julle stede bly, wat ek vir julle gegee het

20. totdat יהוה aan julle broers rus gegee het, soos aan julle en hulle ook die land besit wat יהוה, julle God, aan hulle oorkant die Yarden gee; dan kan elkeen van julle teruggaan na sy besitting wat ek vir julle gegee het.’

21. Ek het ook vir Y’hoshua in dié tyd beveel en gesê: ‘Jou oë het alles gesien wat יהוה, julle God, aan hierdie twee konings gedoen het. So sal יהוה aan al die koninkryke doen waardeur jy trek.

22. Julle moenie vir hulle bang wees nie, want יהוה, julle God, baklei self vir julle.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 3