Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 3:10-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. al die stede van die vlakte, die hele Gil’ad, die hele Bashan tot by Salkhah en Edre’i, stede van die koninkryk van `Og, in Bashan.

11. (Net `Og, die koning van Bashan, het alleen oorgebly van die reuse. Let op, sy bedkatel was ’n ysterbedkatel. Is dit nie in Rabbah van die seuns van `Ammon nie? Sy lengte is nege el en sy breedte vier el, volgens die el van ’n man.)

12. Ons het besit geneem van hierdie land, in dié tyd: vanaf `Aro’er, by die Arnonvallei en die helfte van die bergland van Gil’ad met sy stede, wat ek aan die Re’uveniete en die Gadiete gegee het.

13. Die res van Gil’ad saam met die hele Bashan, die koninkryk van `Og, het ek vir die halwe stam van Ma’nasheh gegee. Die hele Argov landstreek, met die hele Bashan, word die land van die reuse genoem.

14. Ya’ir, die seun van M’nasheh, het die hele Argov landstreek tot by die grens van die G’shuriete en die Ma’akhatiete gevat en Bashan, na sy eie naam, Havot-Ya’ir, genoem tot vandag toe.

15. Ek het Gil’ad vir Makhir gegee

16. en aan die Re’uveniete en die Gadiete het ek van Gil’ad af tot by die Arnonvallei gegee, met die middel van die vallei as grens, tot by die Yabbokrivier, die grens van die seuns van `Ammon,

17. asook die vlakte, met die Yarden as grens, van Kinneret af tot by die See van die vlakte, die Soutsee, by die voet van die hange van Pisgah, in die ooste.

18. Toe het ek julle bevel gegee in daardie tyd en gesê: ‘יהוה, julle God, het aan julle hierdie land gegee, om dit in besit te neem; al die manne wat kan oorlog maak moet gewapend voor jul broers, die seuns van Yisra’el, oortrek,

19. maar julle vroue, julle kinders en julle vee; ek weet dat julle baie vee het; moet in julle stede bly, wat ek vir julle gegee het

20. totdat יהוה aan julle broers rus gegee het, soos aan julle en hulle ook die land besit wat יהוה, julle God, aan hulle oorkant die Yarden gee; dan kan elkeen van julle teruggaan na sy besitting wat ek vir julle gegee het.’

21. Ek het ook vir Y’hoshua in dié tyd beveel en gesê: ‘Jou oë het alles gesien wat יהוה, julle God, aan hierdie twee konings gedoen het. So sal יהוה aan al die koninkryke doen waardeur jy trek.

22. Julle moenie vir hulle bang wees nie, want יהוה, julle God, baklei self vir julle.’

23. Ek het in dié tyd tot יהוה gebid en gesê:

24. ‘O, Meester, יהוה, U het begin om aan U dienskneg U grootheid en U magtige hand te wys, want watter god is daar in die hemele en op die aarde wat werke en magtige dade soos U s’n kan doen?

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 3