Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 12:7-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Daar sal julle voor die Teenwoordigheid van יהוה, julle God, eet en vol vreugde wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waaraan julle jul hand slaan, waarin יהוה, jou God, jou geseën het.

8. Julle sal geensins doen wat ons vandag hier doen nie; elkeen doen net wat reg is in sy eie oë,

9. want julle het nog nie gekom by die rusplek en in die erfenis wat יהוה, jou God, jou gee nie,

10. maar wanneer julle deur die Yarden getrek het en bly in die land wat יהוה, julle God, julle gee om te erf en Hy julle rus sal gee van al julle vyande rondom sodat julle in veiligheid bly,

11. dan sal die plek waar יהוה, julle God, sal uitkies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te vestig, daar wees. Daarheen moet julle alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers, julle slagoffers, julle tiendes, die bydraes van julle hand en al julle spesiale offers wat julle aan יהוה as gelofte gee.

12. Julle moet julle verheug voor die Teenwoordigheid van יהוה, julle God, julle, julle seuns, julle dogters, julle slawe, julle slavinne en die Leviet, wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie.

13. Wees versigtig dat jy nie jou brandoffers bring op elke kultiese plek wat jy sien nie,

14. maar op die plek wat יהוה in een van jou stamme sal kies, waar jy jou brandoffers moet offer en daar sal jy alles doen wat ek jou beveel.

15. Jy mag egter binne jou poorte slag en vleis eet, net soos jy begeer, volgens die seën wat יהוה, jou God, jou gegee het; die onreine en die reine mag daarvan eet, net soos van die rooibok (gasel) en die takbok.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 12