Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 11:11-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die koning van die suide sal woedend wees en uitkom om te veg teen die koning van die noorde en die koning van die noorde sal ’n groot leër op die been bring, maar hierdie leër sal in die hand van sy vyand gegee word

12. en wanneer sy vyand die leër vernietig het, sal sy binneste opgelig word en hy sal baie neerslaan, maar nie staande bly nie,

13. want die koning van die noorde sal weer terugkeer en ’n leër twee keer so groot as die vorige op die been bring en sal ná ’n sekere aantal jare kom met ’n groot leër en met ’n groot ruitermag.

14. In daardie tyd sal baie teen die koning van die noorde opstaan; ook die gewelddadige mense van jou volk sal hulle oplig om die visioen te vervul, maar hulle sal oorwin word.

15. Die koning van die noorde sal kom en walle opgooi en die mees versterkte stede inneem en die wapens van die suide sal nie weerstaan nie omdat hulle geen krag het om te weerstaan nie en die gekose manne van die volk sal opstaan, maar hulle kan nie weerstand bied nie, want hulle het geen krag om te weerstaan nie.

16. Hy wat teen hom kom, sal egter maak soos hy wil en niemand sal teen hom staande bly nie en hy sal die land van Yisra’el inval en dit sal in sy hande oorgegee word,

17. dan sal hy sy gesig daarop rig om die versterkte stede van al die koninkryke in te val en al die mense wat by hom is, sal vorentoe gaan, maar ’n dogter van die mens sal aan hom gegee word sodat sy hom kan vernietig, maar dit sal nie slaag nie en hy sal haar ook nie vir homself vat nie.

18. Daarna sal hy sy gesig draai na die eilande en baie daarvan verower en wegdoen met ’n heerser wat hom verag het en sy veragting laat terugkeer op homself.

19. Dan sal hy sy gesig draai na die vestings van die aarde, maar hy sal oorwin word en val en nie meer gevind word nie,

20. dan sal ’n swak heerser in sy plek opstaan en ’n afhanklike van die koninkryke, maar binne ’n kort tydjie sal hy vernietig word, maar nie deur woede of deur oorlog nie.

21. In sy plek sal ’n veragtelike persoon opstaan voor wie hulle nie die koninklike eer sal lê nie, maar hy sal skielik kom en deur bedrog die koninkryk gryp

22. en die versterkte stede in die provinsies sal geplunder word en selfs die leierpriesters van die verbond voor hom uit verstrooi

23. en sommige wat ’n bondgenootskap met hom sal aangaan, sal bedrieglik teen hom werk

24. en tog sal hy sterk word en hom verenig met kleinere mensies en met die ryk stede en hy sal doen wat sy vaders en sy vaders se vaders nie gedoen het nie: hy sal roof en buit en rykdom wegdra, ja en planne teen hulle provinsies maak.

25. Vir ’n tyd sal hy sy krag en sy moed opwek teen die koning van die suide met ’n groot en magtige leër en die koning van die suide sal uitgetart word in geveg met ’n groot leër en hy sal baie sterk word, maar hy sal nie staande bly nie, want hulle sal planne teen hom beraam.

26. Ja, hulle wat sy lekkernye eet sal hom vernietig en sy leër verstrooi en baie sal dood neerval

27. en albei daardie konings se verstand, wil en emosie sal gedraai word om kwaad te doen en aan een tafel sal hulle leuens praat, maar hulle sal nie voorspoedig wees nie, want die einde sal op die vasgestelde tyd kom,

Lees volledige hoofstuk Dani'el 11