Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 20:3-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Toe kom Dawid by sy huis in Yerushalayim en die koning het die tien vroue, die byvroue wat hy laat agterbly het om die huis te versorg, gevat en onder bewaking gesit en aan hulle middele voorsien, maar nie by hulle ingegaan nie. Hulle was opgesluit tot die dag van hulle dood en het gelewe as weduwees.

4. Toe sê die koning vir `Amasa: “Roep vir my die manne van Y’hudah binne drie dae byeen en wees jyself ook hier teenwoordig.”

5. `Amasa het gegaan om Y’hudah byeen te roep, maar hy het langer as die bepaalde tyd gevat wat hy vir hom vasgestel het.

6. Dawid het vir Avishai gesê: “Nou sal Sh’va, die seun van Bikhri, ons meer kwaad doen as Avshalom; vat jou meester se diensknegte en jaag hom agterna sodat hy nie miskien vir homself versterkte stede vind en uit ons oog ontsnap nie.”

7. Yo’av se manne het uitgegaan agter hom aan, saam met die persoonlike wagte, die boodskappers en al die magtige manne en hulle het vanuit Yerushalayim gegaan om Sh’va, die seun van Bikhri, agterna te jaag.

8. Toe hulle by die groot klip was, wat in Gib’on is, kom `Amasa hulle tegemoet. Yo’av was aangetrek in sy pantser en oor dit was ’n gordel met ’n swaard in sy skede wat by sy dy vasgemaak was en terwyl `Amasa verskyn, plaas Yo’av sy hand op sy swaard.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 20