Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 2:11-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die tyd wat Dawid koning was in Hevron oor die huis van Y’hudah, was sewe jaar en ses maande.

12. Avner, die seun van Ner, met die diensknegte van Ish-Boshet, die seun van Sha’ul, het vanuit Maganayim na Giv’on gegaan.

13. Yo’av, die seun van Tz’ruyah, met die diensknegte van Dawid het uitgegaan en hulle ontmoet by die poel van Giv’on en hulle het gaan sit, een aan die een kant van die poel en een aan die ander kant.

14. Toe sê Avner vir Yo’av: “Laat die jongmanne nou opstaan en ’n kompetisie voor ons hou.” Yo’av sê: “Laat hulle opstaan.”

15. Toe het hulle opgestaan en volgens getal oorgegaan: twaalf is vir Binyamin en Ish-Boshet, die seun van Sha’ul, afgetel en twaalf van die diensknegte van Dawid.

16. Elkeen van hulle het die ander aan die kop gegryp en sy swaard in sy opponent se sy gesteek sodat hulle saam geval het; daarom noem hulle dié plek Helkat-Hatzurim, wat by Giv’on is.

17. Daardie dag was die geveg baie hewig en Avner en die manne van Yisra’el is verslaan voor die diensknegte van Dawid.

18. Die drie seuns van Tz’ruyah was daar: Yo’av, Avishai en `Asah’el. `Asah’el was so vlugvoetig soos een van die bokke wat in die veld is.

19. `Asah’el het Avner agtervolg en het nie regs of links afgedraai om Avner te agtervolg nie.

20. Toe kyk Avner agter hom om en sê: “Is dit jy, `Asah’el?” Hy antwoord: “Dit is ek.”

21. Avner sê vir hom: “Draai uit na jou regter- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne vir jouself en vat sy buit vir jouself.” `Asah’el was egter nie gewillig om weg te draai daarvan om hom te volg nie.

22. Avner herhaal weer vir `Asah’el: “Draai weg daarvan om my te volg. Hoekom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe kan ek dan my gesig oplig om jou broer Yo’av in die gesig te kyk?”

23. Hy het egter geweier om weg te draai; daarom het Avner hom met die agterkant van die spies in die onderlyf gesteek sodat die spies agter hom uitgekom het en hy daar neergeval en op die plek gesterf het. Dit het gebeur dat almal wat aangekom het by die plek waar `Asah’el geval en gesterf het, stilgestaan het,

24. maar Yo’av en Avishai het Avner agtervolg en toe die son ondergaan het hulle by die heuwel van Ammah gekom wat voor Giag lê, op die wildernispad van Giv’on.

25. Die seuns van Binyamin het agter Avner bymekaargekom en een groep geword en hulle het op die top van ’n sekere heuwel gestaan.

26. Toe roep Avner na Yo’av en sê: “Moet die swaard vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit bitter sal wees aan die einde nie? Hoe lank gaan jy terughou om aan die manne te sê dat hulle moet terugdraai daarvan om hulle broers te volg?”

27. Yo’av antwoord: “So waar as God leef, as jy nie gepraat het nie, sou die manne sekerlik in die oggend weggegaan het, elkeen daarvan om sy broer te volg.”

28. Toe blaas Yo’av op die ramshoring en al die manne het stilgestaan en Yisra’el nie langer gevolg nie en ook nie aangehou veg nie.

29. Avner en sy manne het toe daardie hele nag deur die Vlakte gegaan en deur die Yarden getrek, die hele oggend geloop en by Maganayim gekom.

30. Toe het Yo’av teruggekom daarvan om Avner te agtervolg. Toe hy al die manne bymekaargemaak het, was daar negentien van Dawid se diensknegte, behalwe vir `Asah’el, weg,

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 2